Die Taag (Portugees: Tejo, [ˈtɛʒu]; Spaans: Tajo, [ˈtaxo]; Latyn: Tagus) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje en Portugal. Die rivier, met 'n lengte van 1 007 km, is die langste rivier op die Iberiese Skiereiland.
duimnael|links|Die Taag in die Portugese hoofstad Lissabon Die Taag ontspring in die Montes Universales, Sierra de Albarracín Comarca van die outonome gewes Aragón in Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting en mond by Lissabon in die Atlantiese Oseaan uit. Die Taag vloei onder ander deur die Spaanse outonome geweste Aragón, Kastilië-La Mancha en Extremadura. Die vernaamste stede aan die Taag se rivierloop is die voormalige Spaanse hoofstad Toledo en die Portugese hoofstad Lissabon. Die Spaanse hoofstad Madrid is sowat 40 km noord van die Taag geleë.
Geskiedenis Die Romeine het die rivier Tagus genoem. Histories belangrik was militêre konflikte wat in 218 v.C. tydens die Tweede Puniese Oorlog aan die oewer van die Taag tussen Hannibal en die Carpetani geveg is.
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Portugal Kategorie:Riviere in Spanje