Die antieke Nabye Ooste was die tuiste van vroeë beskawings in ’n streek wat rofweg ooreenstem met die moderne Midde-Ooste: Mesopotamië (moderne Irak, Suidoos-Turkye, Suidwes-Iran, Noordoos-Sirië en Koeweit), antieke Egipte, antieke Iran (Elam, Medië, Partië en Persië), Anatolië/Klein-Asië en die Armeense Hooglande (Turkye se Oos-Anatolië, Armenië, Noordwes-Iran, Suid-Georgië en Wes-Azerbeidjan), die Levant (moderne Sirië, Libanon, Palestina, Israel en Jordanië), Siprus en die Arabiese Skiereiland. Die antieke Nabye Ooste word bestudeer in die velde Nabye Oosterse argeologie en antieke geskiedenis.
Die geskiedenis van die antieke Nabye Ooste begin met die opkoms van Sumer in die 4de millennium v.C., hoewel die eindtyd van bron tot bron verskil. Die term dek die Brons- en Ystertydperk in die streek tot óf met die verowering van die Achaemenidiese Ryk in die 6de eeu v.C. óf dié van die Masedoniese Ryk in die 4de eeu v.C. óf die Moslemse verowerings in die 7de eeu v.C.
Die antieke Nabye Ooste word beskouSamuel Noah Kramer, History Begins at Sumer, (vert. Mendelson, F.A., Moskou, 1963) as een van die wiege van die beskawing. Dit is hier waar intense landbou dwarsdeur die jaar vir die eerste keer beoefen is. Dit het gelei tot die eerste digte stedelike nedersettings en die ontwikkeling van baie bekende instellings van die beskawing, soos sosiale klasse, gesentraliseerde regering en ryke, en georganiseerde godsdiens en welsyn. Dit het ook gelei tot die eerste skryfstelsel, alfabet (abjad), geldeenheid en regskodes, vroeë ontwikkelings wat die fondament gelê het vir sterrekunde en wiskunde, en die ontdekking van die wiel.
In dié tydperk het state al hoe groter geword, totdat die streek beheer is deur militaristiese ryke wat ’n aantal verskillende kulture verower het.
Die begrip Nabye Ooste thumb|300px|links|Kaart van die antieke Nabye Ooste. Die term "antieke Nabye Ooste" kom van die 19de-eeuse onderskeid wat getref is tussen die Nabye en Verre Ooste. Dit het ná die Krimoorlog ontstaan as wêreldstreke van belang vir die Britse Ryk. Die gebiede waar die Hamidiese slagting onder die Armeniërs en Assiriërs deur die Ottomaanse Ryk van 1894 tot 1896 plaasgevind het, is as die Nabye Ooste beskryf. Die verhoog van die Sino-Japannese Oorlog van 1894 tot 1895 is die Verre Ooste genoem.
Ná die val van die Ottomaanse Ryk het die betekenis van die term Nabye Ooste aansienlik vervaag, want dit is hoofsaaklik gebruik om die maksimum omvang van die Ottomaanse Ryk te beskryf. Die term "Midde-Ooste" vir dié streek het gewilder geraak, hoewel "antieke Nabye Ooste" onder argeoloë gevestig is en ’n spesifieke betekenis gekry het: Dit strek van Wene (in die noorde) tot die punt van die Arabiese Skiereiland (in die suide), en van Egipte (in die weste) tot die grense van Irak (in die ooste). Die 19de-eeuse argeoloë het Iran by hul definisie gevoeg, want hoewel dié land nooit deur die Ottomane regeer is nie, het die Ottomaanse Ryk en Rusland dit van Europa afgesny. Die argeoloë het egter die hele Europa en gewoonlik Egipte uitgesluit, hoewel dele van laasgenoemde wel in die Ottomaanse Ryk geval het.
Tydperke Die antieke Nabye Ooste word in verskillende blokke met diskrete name opgedeel wat tydperke met relatief stabiele kenmerke aandui.
Kopertydperk Eolitikum (4500-3300 v.C.) Vroeë Eolitikum 4500-4000 v.C. Obeid-tydperk in Mesopotamië Laat Eolitikum 4000-3300 v.C. Ghassul-tydperk, Sumeriese Uruk-tydperk in Mesopotamië, Gerzeh, prehistoriese Egipte, Proto-ElamBronstydperk (3300-1200 v.C.)Vroeë Bronstydperk (3300-2100 v.C.) Vroeë Bronstydperk I 3300-3000 v.C. Protodinastiese tot Vroegdinastiese Tydperk van Egipte, vestiging van Fenisiërs Vroeë Bronstydperk II 3000-2700 v.C. Vroegdinastiese Tydperk van Sumer Vroeë Bronstydperk III 2700-2200 v.C. Ou Ryk van Egipte, Akkadiese Ryk, vroeë Assirië, ou Elam-tydperk, Sumero-Akkadiese state Vroeë Bronstydperk IV 2200-2100 v.C. Eerste Oorgangstydperk van Egipte Middel-Bronstydperk (2100-1550 v.C.) Middel-Bronstydperk I 2100-2000 v.C. Derde dinastie van Ur Middel-Bronstydperk II A 2000-1750 v.C. Minoïese beskawing, vroeë Babilonië, Middelryk van Egipte Middel-Bronstydperk II B 1750-1650 v.C. Tweede Oorgangstydperk van Egipte Middel-Bronstydperk II C 1650-1550 v.C. Hetitiese Ou Koninkryk, Minoïese uitbarsting Laat Bronstydperk (1550-1200 v.C.) Laat Bronstydperk I 1550-1400 v.C. Hetitiese Middelryk, Hayasa-Azzi, Elam-middelryk, Nuwe Ryk van Egipte Laat Bronstydperk II A 1400-1300 v.C. Hetitiese Nuwe Ryk, Mitanni, Hayasa-Azzi, Oegarit, Miceense Griekeland Laat Bronstydperk II B 1300-1200 v.C. Middel-Assiriese Ryk, begin van die hoogtepunt van die Fenisiërs Ystertydperk (1200-539 v.C.) Ystertydperk I (1200-1000 v.C.) Ystertydperk I A 1200-1150 v.C. Troje VII, Hekla 3-uitbarsting, einde van Bronstydperk, Seevolke Ystertydperk I B 1150-1000 v.C. Nieu-Hetitiese state, Nieu-Elamtitiese tydperk, Aramese state Ystertydperk II (1000-539 v.C.) Ystertydperk II A 1000-900 v.C. Griekse Donker Eeue, tradisionele datum van Verenigde Monargie van Israel Ystertydperk II B 900-700 v.C. Koninkryk Israel, Urartu, Frigië, Nieu-Assiriese Ryk, Koninkryk Juda, eerste nedersetting van Kartago Ystertydperk II C 700-539 v.C. Nieu-Babiloniese Ryk, Mediese Ryk, val van die Nieu-Assiriese Ryk, Fenisië, Argaïese Griekeland, opkoms van Achaemenidiese Persië Klassieke Oudheid (ná antieke Nabye Ooste) (539 v.C.-634 n.C.) Achaemenidies 539-330 v.C. Persiese Achaemenidiese Ryk Hellenisties & Parties 330-31 v.C. Masedoniese Ryk, Seleukidiese Ryk, Koninkryk Pergamum, Ptolemeïese Ryk, Partiese Ryk Rooms en Persies 31 v.C.-634 n.C. Rooms-Persiese Oorloë, Romeinse Ryk, Partiese Ryk, Sassanidiese Ryk, Bisantynse Ryk, Moslem-verowerings
Geskiedenis Steentydperk Vroeë Mesopotamië Die Uruk-tydperk (c. 4000-3100 v.C.) het bestaan van die protohistoriese Steentydperk tot die Vroeë Bronstydperk in die geskiedenis van Mesopotamië en het gevolg op die Obeid-tydperk.Sumer and the Sumerians, deur Harriet E.W. Crawford, bl. 69 Dit is genoem na die Sumeriese stad Uruk en was die begin van die stedelike lewe in Mesopotamië. Dit is gevolg deur die Sumeriese beskawing.Sumer and the Sumerians, deur Harriet E.W. Crawford, bl. 75 In die laat Uruk-tydperk, wat ooreenstem met die Vroeë Bronstydperk, het wigskrif geleidelik ontwikkel.
Bronstydperk Vroeë Bronstydperk Sumer en Akkad Sumer, in Suid-Mesopotamië, is die vroegste bekende beskawing in die wêreld. Dit het geduur van die eerste nedersetting, Eridu, in die Obeid-tydperk (laat 6de millennium v.C.) deur die Uruk-tydperk (4de millennium v.C.) en die dinastiese tydperke (3de millennium v.C.) tot met die opkoms van Assirië en Babilonië in die laat 3de millennium v.C. en vroeë 2de millennium v.C. onderskeidelik. Die Akkadiese Ryk, wat deur Sargon die Grote gestig is, het geduur van die 24ste tot die 21ste eeu v.C. en word deur baie beskou as die wêreld se eerste ryk. Die Akkadiërs het eindelik verdeel en na Assirië en Babilonië versprei.
Elam Antieke Elam het oos van Sumer en Akkad gelê, in die verre weste en suidweste van die hedendaagse Iran. Dit het gestrek van die laelande van die provinsies Khuzestan en Ilam. In die Ou Elam-tydperk, c. 3200 v.C., het dit bestaan uit koninkryke op die Iranse plato en was dit gesentreer om die stad Anshan. Van die middel 2de millennium v.C. was dit gesentreer om Susa in die Khuzestan-laelande. Elam is in die 9de tot 7de eeu v.C. in Assirië opgeneem; die beskawing het egter voortbestaan tot 539 v.C., toe dit eindelik oorgeneem is deur die Iranse Perse. Die Proto-Elamitiese beskawing het bestaan van c. 3200 v.C. tot 2700 v.C., toe die latere hoofstad Susa deur die kulture van die Iranse plato begin beïnvloed is. In argeologiese terme stem dit ooreen met die laat Banesh-tydperk. Dié beskawing word as die oudste in Iran erken en het omtrent dieselfde tyd bestaan as sy naburige Sumeriese beskawing. Die Proto-Elamitiese skrif is ’n skryfstelsel wat vir ’n kort ruk vir die antieke Elam-taal (’n geïsoleerde taal) gebruik is voor die ingebruikneming van Elamitiese wigskrif.
Die Amoriete Die Amoriete was ’n nomadiese Semitiese volk wat die land wes van die Eufraat van die tweede helfte van die 3de millennium v.C. af bewoon het. In die vroegste Sumeriese tekste, vanaf omstreeks 2400 v.C., word die land van die Amoriete verbind met die weste, insluitende Sirië en Kanaän, hoewel hulle oorspronklik van Arabië kon gewees het.AmoriteEncyclopædia Britannica Hulle het hulle eindelik in Mesopotamië gevestig.
Middel-Bronstydperk Assirië het ná ’n kort oorheersing deur Mitanni as ’n groot mag opgekom van die troonbestyging van Assur-uballit I in 1365 v.C. tot met die dood van Tiglat-Pileser I in 1076 v.C. Assirië het in dié tyd met Egipte meegeding en ’n groot deel van die Nabye Ooste oorheers. Babilonië, wat deur Amoritiese stamme as ’n staat gevestig is, was 435 jaar lank onder beheer van die Kassiete. Die land het tydens die Kassitiese tydperk gestagneer en Babilonië is dikwels deur Assirië of Elam oorheers. Die Hetitiese Ryk is die een of ander tyd ná 2000 v.C. gestig en was ’n groot mag wat tot 1200 v.C. in Klein-Asië en die Levant oorheers het. Dit is daarna eers deur die Frigiërs oorgeneem en toe deur Assirië ingepalm.
Laat Bronstydperk Die Horiete het van omstreeks 2500 v.C. in Noord-Mesopotamië en streke net oos en wes daarvan gewoon. Hulle het moontlik in die Kaukasus gewoon en die streek van die noorde af binnegekom, maar dit is nie seker nie. Hulle het hulle later gevestig in klein koninkryke dwarsdeur Noord-Mesopotamië en Sirië. Die grootste en invloedrykste van dié koninkryke was Mitanni. Die Horiete het ’n aansienlike rol gespeel in die geskiedenis van die Hetiete.
Isuwa was ’n antieke koninkryk in Anatolië. Die naam word in die 2de millennium v.C. die eerste keer aangetref. In die klassieke tydperk was die land deel van Armenië. Isuwa was een van die plekke waar landbou vroeg in die Neolitikum ontwikkel het. Stedelike sentrums het omstreeks 3500 v.C. in die Bo-Eufraatvallei ontstaan. Die eerste state het in die 3de millennium v.C. gevolg. Die naam Isuwa was nie bekend nie tot met die geletterde tydperk van die 2de millennium v.C.. Min bronne van Isuwa self is al ontdek; die meeste is Hetitiese tekste. Wes van Isuwa het die koninkryk van die Hetiete gelê, en dit was nie ’n vertrouenswaardige buurman nie. Volgens verslae het die Hetitiese koning Hattusili I (c. 1600 v.C.) en sy leër stede aan die oorkant van die Eufraat verwoes. Dit stem ooreen met lae uit omtrent dié tyd wat argeoloë op terreine in Isuwa ontdek het wat dui op vernietiging deur vuur. Ná die val van die Hetitiese Ryk in die vroeë 12de eeu v.C. het ’n nuwe staat in Isuwa sy verskyning gemaak. Die stad Malatya het die sentrum van een van die sogenaamde Nieu-Hetitiese state geword. Die beweging van nomades kon die koninkryk Malatya verswak het voor die finale Assiriese inval. Die verval van die nedersettings en kulture in Isuwa van die 7de eeu v.C. tot die Romeinse tydperk is moontlik daardeur veroorsaak. Die Armeniërs het hulle later in die gebied gevestig, want hulle was boorlinge van die Armeense Plato en verwant aan die vroeëre bewoners van Isuwa.
Kizzuwatna is die naam van ’n antieke koninkryk uit die 2de millennium v.C. Dit was geleë in die hooglande van Suidoos-Anatolië in moderne Turkye. Die hoofstad van die koninkryk was Kummanni.
Luwies is ’n uitgestorwe taal van die Anatoliese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Luwiessprekers het geleidelik deur Anatolië versprei en was ná omstreeks 1180 v.C. ’n bydraende faktor in die val van die Hetitiese Ryk, waar die taal reeds wyd gepraat is. Luwies is ook in die Nieu-Hetitiese state van Sirië soos Melid en Carchemish gepraat, asook in die Sentraal-Anatoliese koninkryk Tabal wat omstreeks 900 v.C. floreer het.