duimnael|'n 19de-eeuse voorstelling van die ou biblioteek van Alexandrië Die Koninklike biblioteek van Alexandrië was op sy hoogtepunt die grootste biblioteek van die Middellandse Seegebied. Die biblioteek word aan die begin van die 3de eeu v.C. gestig in die hoofstad Alexandrië van die Grieks-Egiptiese Ryk deur koning Ptolemeus II Philadelphus. Die ou Egipte van die Faraos is in 333 v.C. verower deur die Masedoniese Grieke onder Alexander die Grote en vorm vanaf toe 'n kerngebied van die Hellenistiese wêreld. Vir 'n lang tyd was die biblioteek die sentrum van die Westerse kennis in die oudheid.

Die gebou Ptolemeus se vader Ptolemeus I Soter, 'n voormalige generaal van Alexander die Grote, het reeds 'n Musion,Die woord Musion of Mouseion is die oorsprong en die sinoniem van die moderne Museum. 'n tempel vir die Muse, gevestigThe Alexandrian Library and its Aftermath, Dr. Uwe Jochum, Bibliothek der Universität Konstanz (via Wayback Machine) en Ptolemeus wou hierdie tempel uitbrei met 'n biblioteek wat die mees volledige in die hellenistiese wêreld moes word. As sodanig was die biblioteek 'n prestige projek om Ptolemeus se naburige Hellenistiese-Griekse mede-konings te oortref in 'grootsheid'.

Daar is geen historiese bronne wat die gebou waarin die biblioteek gehuisves was, beskryf nie. Ook afbeeldings daarvan ontbreek. Dit het gebeur omdat die destydse kroniekeskrywers dit oorbodig gevind het om so 'n bekende bouwerk te beskryf. Na die verwoesting van die biblioteek skryf Athenaeus van Naucratis: "Hoekom sou ek daaroor praat, aangesien dit in die geheue van alle mense gegrif staan?". Niettemin het die 20ste-eeuse Italiaanse klassiekus Luciano Canfora na ondersoek van alle beskikbare bronne tot die volgende voorstelling gekom. Die biblioteek as deel van die Musion bestaan uit 'n baie lang, hoë saal of gang. Die mure het stoorplek voorsien vir 'n "eindelose" lang biblioteek, 'n konsep wat verwys het na die nisse waar boekrolle bewaar word. Bo hierdie nis hang die volgende teks: "Die plek vir genesing van die siel". Aan die ander kant van die biblioteek was daar 'n aantal ruimtes ingerig as werk ruimtes, om as ontmoetingsplekke te dien of om gemeenskaplike maaltye te benut.

Na argeologiese opgrawings deur 'n Pools-Egiptiese span in die Brucheion (koninklike kwartier) van die antieke Alexandrië waar die biblioteek gevestig was, sou in 2004 oorblyfsels van kollegesale van die Musion gevind word. Tot nou toe is daar 15 ruimtes blootgestel waar daar aan ongeveer 5 000 studente onderdak onderrig aangbied kon word.World's oldest seat of learning found, The Sydney Morning Herald, 10 Mei 2004

Die versameling Die eerste bibliotekaris was Demetrios Phalerios, 'n student van Aristoteles. Die boekversameling van Aristoteles, wat hy na Alexandrië saamgeneem het, was die beginpunt van die nuwe biblioteek. Die 'boekliefde' van die opeenvolgende Ptolemeïese bibliotekarisse het so ver gegaan dat elke handelskaravaan en skip wat die stad aandoen het is deursoek is vir nog onbekende boeke, wat dan geneem is. Hierdie boeke is dan tot die biblioteek bygevoeg waarna die oorspronklike eienaars kopieë daarvan sou ontvang. Volgens 'n anekdote het Ptolemeus sy kopieerders na Athene gestuur het om die oorspronklike boeke van die Griekse tragedie-skrywers, wat nog daar bewaar word, oor te skryf. Nadat hulle hul werk gedoen het en teruggekeer het na Alexandrië, het die Atheners agtergekom dat die besoekers die oorspronklike na Egipte geneem het. Die kopieë het in Athene agtergebly. Sover bekend, het die Atheners nooit die oorspronklike boeke teruggekry nie.

Aankopers is in alle windstreke, van Spanje tot Indië, gestuur om soveel moontlik onbekende boeke te probeer bekom. Op die hoogtepunt in die 1ste eeu v.C. bevat die biblioteek tussen die 400 000 en 700 000 boekrolle. Teen dié tyd was die biblioteek versprei oor verskillende geboue in die stad en behalwe in die Musion was daar ook 'n kleiner afdeling in die Serapeum (serapeion), en in die koninklike paleis self.

Die Alexandrië-biblioteek is opgedeel in tematiese domeine, bedink deur haar bewaarders. Elk deel laat groei voorraad tot 'n veelheid van biblioteke, almal toegewy aan een aspek van die wêreldwye verskeidenheid en dien so as model vir alle latere openbare bewaarplekke van boeke.

Die biblioteek as internasionale studiesentrum Die Ptolemeërs het hiervoor vooraanstaande wetenskaplikes soos Euklides en Archimedes benodig om in Alexandrië te vestig en te voorsien van 'n voorskot sonder teenprestasie om sodoende van die biblioteek gebruik te maak. Op hierdie manier is die tekste uit die boeke krities gelees, opsommings en kompendia geskryf en deurgegee aan nuwe generasies. Dit is alles so gereël om die prestige van die koning nog meer te verhoog. Beroemde geleerdes soos Euklides, Archimedes, Heron en Eratosthenes het aan die Musion studeer.

Daar is nog 'n paar indekse van die biblioteek wat bewaar gebly het, sodat ons weet watter boeke daar bewaar is (en wat dus verlore gegaan het). Die meeste Griekse tragedie- en komedieskrywers was teenwoordig, asook die meeste werke van die Griekse wetenskaplikes en filosowe. Ook was daar in die latere periode vertalings en oorspronklikes van baie Latynse skrywers. Behalwe die Griekse literatuur wat daar verwerk word, word daar ook baie vertaal uit die omliggende ander kulture. So weet ons dat daar 'n volledige oorsig was van die lang geskiedenis van Mesopotamië, natuurlik die geskiedenis van Egipte, en ook van Kartago en Fenisië. Selfs van Indië het mens 'n geskiedenis vanaf die vroegste tye toe die Indusvalleibeskawing tot bloei gekom het. Ook vertaalde godsdienstige geskrifte van die bekende godsdienste soos die zoroastrisme, die toe nog jong Boeddhisme, die ouer Hindoeïsme kan daar gevind word. Ook die Tenach is in Grieks vertaal (later bekend geword as die Septuaginta).

Bibliotekarisse van die klassieke biblioteek

Demetrius van Phalerum. Hy rig die Musion biblioteek in tussen 290-283

Zenodotus van Efese 285-270 / 260. Onder sy toesig werk Alexander die Aetoliër aan die uitgawe en rangskikking van tragedies, Lycrophon van Chalcidië werk aan die komedies

Callimachus 260-240. Samesteller van die Pinakes (= tafels) van die Griekse outeurs in die biblioteek. Dit was die eerste onderwerpkatalogus in 120 papierrolle met 'n klassifikasie in die volgende hoofkategorieë: retoriek, reg, epiek, tragedies, komedies, liriek, geskiedenis, filosofie, geneeskunde, wiskunde, natuurwetenskappe en verskeidenheid.

Apollonius van Rhodos 240-230.

Erathosthenes van Cyrene 235-204/195.

Aristophanes van Byzantium 202/194-180. Hersien die Pinakes en het as eerste 'n kanon saam van Griekse skrywers [die Alexandrië kanon] van outeurs wat belangrik genoeg geag word om gekopieer te word

Apollonius Eidographos 186-175.

Aristarchos van Samothrace ? - 145. (na konflik banneling in Pergamon)

Kydas, bynaam "van die spiesdraers" 145-116.

Onesander of Onosander van Paphos (of van Siprus) 100-89.

Didymus Chalcenterus 63-10.

Chaeremon van Alexandrië 1ste eeu na Christus.

Dionysius. Seun van Glaucus 100-120.

Caius Julius Vasinus 120-130.

Diophantus 3de eeu.

Theon van Alexandrië 4de eeu tot 391Gebaseer op onder andere het werk van Johannes Tzetzes: 'Plautin Scholium' en die Oxyrchynchus Papirus 1241. Die jaartalle is skattings

Mededinging van Pergamon Die koning van Pergamon het weens afguns oor die roem van Ptolemeus as 'kulturele beskermer' ook begin met die bou van 'n groot biblioteek. Ptolemeus verbied daarop die uitvoer van papirus, wat gebruik word as materiaal vir boekrolle. Aangesien Egipte die monopolie op die papierproduksie gehad het, was die koning van Pergamon gedwing om 'n ander materiaal te soek vir sy boeke. Dit was uiteindelik die voorbereide velle van beeste en skape, wat voortaan bekend word as perkament. Hierdie woord is waarskynlik afgelei van Pergamon. In die eerste eeue voor Christus het Alexandrië en Pergamon meegeding om self die voorste te word op die gebied van seldsame geskrifte.

Betekenis vir die latere geskiedenis Die organisasiemodel van die biblioteek met sy studielokale, leessale en kopieerkamers was waarskynlik die oorsprong van die organisasiemodel vir die Middeleeuse kloosters en universiteite. Die eerste Christelike kloosters, soos in Wadi Natron, is ook in Egipte gestig waarna dit van hier versprei oor die res van die Christelike wêreld.

Die hedendaagse wiskunde is grotendeels gebou op die aksiomas en uitvindings vasgelê in die ptolemeiese biblioteek. Ook fisiese studievelde soos astronomie, meganika, pneumatika en optika is in Alexandrië begin en verder ontwikkel gedurende die Romeinse en Middeleeuse tyd. Ook dissiplines soos die grammatika en tekskritiek stam uit Alexandrië. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat, alhoewel feitlik alle werke oor geskiedenis, okkultisme, 'heidense' godsdiens en sekulêre literatuur soos poësie en toneelspel verlore gegaan het, daar tog ook heelwat bewaar gebly het. Deur middel van die Middeleeuse Islamitiese geleerdes, soos via die Huis van Wysheid in Bagdad, het baie kennis bewaar gebly.

Daarbenewens word daar onder andere wiskunde, fisika en biologiese kennis wat verlore gegaan het, later weer ontdek. Die heersende gevoel dat daar met die verdwyning van die biblioteek 'n enorme ramp plaasgevind het vir die wetenskap is eintlik net waar vir historici, omdat van die geskiedkunde uit die oudheid en die antieke literatuur inderdaad nie veel deurgegee is na die moderne tyd nie.

Die agteruitgang van die biblioteek

Die langsame agteruitgang Biblioteke is altyd kwesbaar vir brand of word die teiken van georganiseerde boekverbranding. Die biblioteek van Alexandrië was ook nie 'n uitsondering nie. Dit is nie volkome duidelik hoe die biblioteek tot niet gegaan het nie en ook nie werklik of dit plotseling plaasgeving het of geleidelike verloop het nie.

Die eerste (bekende) gedeeltelike verwoesting was deur die brand wat uitbreek tydens die beleg van Alexandrië deur die Romein Julius Caesar in 48 v.C. Maar die biblioteek self was waarskynlik self nie ernstig beskadig nie en was die getal wat in die bronne genoem word van ongeveer 40 000 boeke wat verbrand het, die aantal kopieë wat gestoor was in die hawe en vir uitvoer bedoel. Hierdie verlies is deur Marcus Antonius "reggemaak" deur aan sy geliefde Cleopatra die biblioteek van Pergamon te gee wat intussen 'n indrukwekkende aantal van 200 000 boekrolle bekom het. Wat die inwoners van Pergamon daarvan gedink het word nie vermeld nie. Deur die verdwyning van die Ptolemeïese dinastie met die dood van Cleopatra en die inlywing van Egipte by die Romeinse Ryk ongeveer 30 v.C. het die belangrikste geldbron vir die biblioteek verdwyn. Die Romeinse goewerneurs wie Egipte van toe bestuur het, was oor die algemeen nie geïnteresseerd in geldelike steun vir die biblioteek van die Ptolemeïese nie en laat dit oor aan ryk bibliofiele. Sommige keisers, soos Augustus en Claudius, blyk nog groot skenkings van boeke en geld vir renovasie te doen, maar dit was die uitsonderings.