Die Guadalquivir (Spaans: [gu̯aðalkiˈβiɾ]) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje. Die rivier, met 'n lengte van 657 km, is die vyfde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag, Ebro, Douro en Guadiana, asook die langste rivier van die Spaanse outonome gewes Andalusië. Die moderne naam van die rivier is van Arabies al-wādi al-kabīr (الوادي الكبير), wat "groot rivier" beteken, ontleen.

duimnael|links|Die Guadalquivir in Sevilla, Spanje Die Guadalquivir ontspring naby Cañada de las Fuentes in die Sierra de Cazorla in die outonome gewes Andalusië van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting deur die stede Córdoba en Sevilla, voordat hy by Sanlúcar de Barrameda in die Golf van Cadiz (Atlantiese Oseaan) uitmond.

Geskiedenis Die antieke naam van die Guadalquivir was Baetis en die Romeinse provinsie Hispania Baetica is na dié rivier genoem. In die Romeinse tydperk was die rivier tot by Córdoba bevaarbaar, maar hede is dit net tot by Sevilla dié geval. Vandag is die Guadalquivir die enigste groot rivier van Spanje, wat bevaarbaar is.

Nadat Quintius Sertorius, 'n Marius-aanhanger, in Lusitania in opstand gekom het, kon hy in 80 v.C. die Romeinse goewerneur L. Fufidas tydens die Slag van die Baetis (Guadalquivir) verslaan. A Global Chronology of Conflict: From the Ancient World to the Modern Middle East , ABC-CLIO, 2009, ,

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Spanje