Die 2019 Superrugbyseisoen was die 24ste seisoen van Superrugby, 'n jaarlikse rugbykompetisie georganiseer deur SANZAAR tussen die spanne van Argentinië, Australië, Japan, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Sedert die 2018-seisoen is teruggekeer na 'n 15-spanformaat, wat bestaan uit drie geografiese konferensies.
Kompetisieformaat Die 15 deelnemende spanne is verdeel in drie geografiese konferensies: die Australiese konferensie (bestaande uit vier Australiese spanne en die Japanse ), die Nieu-Seelandse konferensie (bestaande uit vyf Nieu-Seelandse spanne), en die Suid-Afrikaanse Konferensie (bestaande uit vier Suid-Afrikaanse spanne en die Jaguares van Argentinië).
In die groepfase was daar 18 rondtes van wedstryde, met elke span wat 16 wedstryde speel met twee rondtes loslootjies, wat sorg vir 'n totaal van 120 wedstryde. Spanne sal agt inter-konferensiewedstryde en agt kruis-konferensiewedstryde speel; hulle sal twee keer teen elke ander span in hul konferensie speel – een keer tuis en een keer weg – en sal een keer teen vier van die spanne in die ander twee konferensies speel.
Die boonste span in elk van die drie konferensies het vir die kwarteindrondte kwalifiseer, asook die volgende vyf spanne met die beste uitslae oor die drie konferensies, bekend as "wildcards". Die konferensiewenners en die beste "wildcard"-span was die gashere vir die kwarteindrondtes. Die wenners van die kwarteindrondtes het tot die halfeindstryd gevorder, en die wenners van die halfeindrondtes tot die eindstryd.
Wedstryddatums DatumDatumRondte 115–16 FebRondte 1126–27 AprilRondte 222-23 FebruarieRondte 123–4 MeiRondte 31–2 MaartRondte 1310–12 MeiRondte 48–9 MaartRondte 1417–18 MeiRondte 515–16 MaartRondte 1524–25 MeiRondte 623–24 MaartRondte 1631 Mei–1 JunieRondte 729–30 MaartRondte 177–8 JunieRondte 85–6 AprilRondte 1814–15 JunieRondte 912–13 AprilHalfeindronde28–29 JunieRondte 1019–20 AprilEindronde6 Julie 2019 Rondomtalie Nota: Afskoptye was in die land waar die wedstryd gespeel is
Rondte 1
Rondte 2
Loslootjie: Rebels
Rondte 3
Loslootjie: Waratahs
Rondte 4
Loslootjie: Stormers
Rondte 5
Rondte 6
Loslootjie:
Rondte 7
Loslootjie: , ,
Rondte 8
Loslootjie:
Rondte 9
Loslootjie: , ,
Rondte 10
Loslootjie: , ,
Rondte 11
Loslootjies: , ,
Rondte 12
Loslootjie:
Rondte 13
Loslootjie:
Rondte 14
Loslootjies: , ,
Rondte 15
Loslootjie:
Rondte 16
Loslootjie:
Rondte 17
Loslootjie:
Rondte 18
Loslootjie:
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Eindrondte
Verwysings
Kategorie:Sport in 2019