duimnael|340px|'n Muur in die voorportaal van Die Son se kantore in die Naspers Sentrum in Kaapstad.
Die Son is 'n Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse poniekoerant gerig op die wit en bruin werkersklas. Die Son is een van die snelgroeiendste koerante in Suid-Afrika en sy sirkulasie het reeds dié van Die Burger verbygesteek. In die Wes-Kaap verskyn dit as 'n dagblad, elders is dit 'n weekblad. Hulle hoofkantoor is in Kaapstad, en die uitgewer is Naspers.
Die daaglikse sirkulasie van die dagblad in die Wes-Kaap was 97 135 in 2008 en 91 735 in die tweede kwartaal van 2013. In die tweede kwartaal van 2022 was dit 18 317, vergeleke met die ander twee Afrikaanse dagblaaie, Die Burger en Beeld, se 27 757 en 21 015.
Verwysings
Bronne Son se statistiek
Sien ook Rapport Lys van Suid-Afrikaanse dagblaaie
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Afrikaanse koerante Kategorie:Suid-Afrikaanse koerante