Georgius Gerardus Ohrig (29 Augustus 1806, Amsterdam – 20 Junie 1852) was 'n Nederlandse handelaar van die handelshuis Klijn en Co. uit Amsterdam wat die Voortrekkers goedgesind was en verskeie pogings aangewend het om handelsbetrekkinge tussen Nederland en die Trekkers aan te knoop.Gysbers & van Loon: Oude- en Zeldzame Boeken - Old & Rare Books, Besoek op 6 April 2007Die Groot Trek , Die Groot Trek 1834 tot 1840 Deel 1 , Besoek 5 April 2007

In Maart 1842 kom hy saam met Johan Arnold Smellekamp met 'n skoener in Port Natal waarna Smellekamp na Pietermaritzburg reis om met die Volksraad van Natalia te ontmoet. Dit lei tot 'n mislukte poging om die Natalia Republiek as 'n kolonie aan die Nederlandse Koning aan te bied.The Great Trek — Natalia, Besoek op 6 April 2007

Ohrigstad, oorspronklik Andries-Ohrigstad wat in Junie 1845 deur Hendrik Potgieter gestig is, is na Ohrig vernoem.Zuid Afrikaansche Republiek (Eerste Republiek), Besoek op 6 April 2007

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Nederland Kategorie:Geboortes in 1806 Kategorie:Sterftes in 1852