Helpmekaar Kollege is 'n Afrikaanse privaat hoërskool in die voorstad Braamfontein in Johannesburg. Sowat 1400 leerders gaan tans hier skool. Dit was die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in Suid-Afrika.

Helpmekaar het drie "Huise": Empire (genoem na Empireweg), Melle (genoem na Mellestraat) en Smuts (genoem na Jan Smutsweg) - die drie strate wat die skool omring. Helpmekaar was die eerste Afrikaanse hoërskool in Johannesburg.

Geskiedenis duimnael|links|Piet Dreyer by die Helpmekaar Kollege in 1963. Piet was in standerd sewe en 14 jaar oud. Helpmekaar het begin as Hoërskool Helpmekaar in 1921. Die skool is vier jaar lank in nie-permanente geboue gehuisves, totdat die huidige skoolgebou in September 1925 voltooi en in gebruik geneem is. duimnael|links In 1941 het die meisieskool, Hoër Meisieskool Helpmekaar, vanaf die Hoër Seunskool Helpmekaar geskei.

In 1993 privatiseer die skool en smelt die seuns en meisies weer saam, om Helpmekaar-kollege te vorm - die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in die land. In 2025 was die jaarlikse skoolgeld R101 860, betaalbaar in 11 maandelikse paaiemente van R9 260 of eenmalig R R96 700.

Kampus Helpmekaar is geleë in Parktown, Johannesburg op die hoek van Mellestraat en Empireweg. Die skool bestaan uit die hoofgebou, die Towers, die terasse, die Westeklasse en DI Hub (Digitale Innovasie Hub). Buiten dit het die skool ook 'n rugbyveld, drie tennisbane/netbalbane, twee sale, 'n swembad, 'n Odeon, 'n kondisioneringsentrum en 'n koshuis. Wits-Universiteit se sportgronde word gebruik.

Kurrikulum Helpmekaar volg die IEB kurrikulum en lewer tans ook ander akademiese geleenthede waaronder die SAT (Standardised Aptitude Tests) - 'n Amerikaanse kollegetoelatingseksamen. Vakke wat aangebied word sluit in:

Afrikaans Eerste Taal Engels Eerste Taal Engels Eerste Addisionele Taal Gevorderde Afrikaans Gevorderde Engels Wiskunde Wiskundige geletterdheid Gevorderde Wiskunde Lewensoriëntering Lewenswetenskap Aardrykskunde Geskiedenis Rekeningkunde Besigheidstudies Ekonomie Inligtingstegnologie Toerisme Spaans Duits Frans Musiek Visuele kunste Drama Ingenieursgrafika en -ontwerp Tegniese tekeninge

Beroemde Helpies Hannah Borthwick, aktrise Kate Borthwick, musikant, sanger, aktrise Mimi Coertse, operasangeres Deon Coetzee, akteur Eon de Vos, akteur, aanbieder, vlieënier Marianne Fassler (Van der Wat), modeontwerper Tertia Flemming, kampvegter vir beter bejaardesorg Odile Harington, geheime militêre agent Barrie Hough, skrywer Marius Kloppers, ekonoom Dawie Kriel, klassikus Ben Kruger, akteur Gert Potgieter, sanger Harald Richter, operasanger, akteur, media eienaar P.J. Schoeman, skrywer Rika Sennett, aktrise, televisie aanbieder Min Shaw, sangeres Christiaan Gerhardus Snyman, HUB van Instituut vir Munisipale Tesouriers

Lees ook Helpmekaar Studiefonds

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg Kategorie:Skole in Gauteng