duimnael| Die noordelike hoek van die Millerntorstadion, Hamburg

FC St. Pauli is 'n Duitse sportklub uit Hamburg, wat veral bekend is vir sy sokkerspan. Die klub het aanhangers reg deur Duitsland wat aangetrokke voel tot die kulturele beeld van die klub wat oor jare gevestig is. Die klub word beskou as links, anti-fascisties en tolerant. Die simbool van die rebelse houding is die seerowervlag met sy skedel, die Totenkopf, wat die nie-amptelike simbool van die klub is. Die klub is populêr onder punks, bejaardes, minderhede, homoseksuele en rock-groepe soos Turbonegro, The Sisters of Mercy en New Model Army.

Die tuisveld, die Millerntor-stadion, is geleë in die Hamburgse wyk St. Pauli wat ook der Kiez genoem word. St. Pauli se bynaam die Kiezkicker is hieraan ontleen.

Die klub is gestig op 15 Mei 1910 en was tot 1924 bekend as St. Pauli TV. Die klub het die eerste keer in die openbare oog gekom in 1948 toe die legendariese "Wunderelf" tot in die halfeindstryd van die nasionale kampioenskappe gevorder het.

Die klub se kultusstatus het in die 1980’s ontstaan. Die tuisveld, die Millerntorstadion, word omarm deur die plaaslike bevolking van die Reeperbahn, die rooiligdistrik van Hamburg. Die buurt is bekend vir prostitusie, ontkleeklubs, nag- en dansklubs, asook hope restaurante en kroeë.

Die ondersteunersbasis rondom St. Pauli het verder ontwikkel toe linkse aktiviste hulle by die klub geskaar het nadat die bestuur van St. Pauli die eerste klubbestuur geword het wat hulle amptelik van regse ekstrimiste en uitinge van nasionalisme gedistansieer het.

St. Pauli het ook 'n suksesvolle rugbyafdeling. Die mans speel in die tweede Bundesliga, terwyl die damesafdeling in 1995, 2000, 2001, 2003, 2005 en 2006 die Duitse kampioenskap gewen het. Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Noord 1ste 1964-65 (II) Regionalliga Noord 2de 1965-66 (II) Regionalliga Noord 1ste 1966-67 (II) Regionalliga Noord 5de 1967-68 (II) Regionalliga Noord 4de 1968-69 (II) Regionalliga Noord 3de 1969-70 (II) Regionalliga Noord 4de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 2de 1971-72 (II) Regionalliga Noord 1ste 1972-73 (II) Regionalliga Noord 1ste 1973-74 (II) Regionalliga Noord 2de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Noord 3de 1974-76 (II) 2.Bundesliga Noord 14de 1974-77 (II) 2.Bundesliga Noord 1ste 1977-78 (I) Bundesliga 18de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Noord 6de (lisensie teruggetrek) 1979-80 (III) Am.Oberliga Noord 10de 1979-81 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1979-82 (III) Am.Oberliga Noord 6de 1979-83 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1979-84 (III) Am.Oberliga Noord 2de 1984-85 (II) 2.Bundesliga 17de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1986-87 (II) 2.Bundesliga 3de 1987-88 (II) 2.Bundesliga 2de 1988-89 (I) Bundesliga 10de 1989-90 (I) Bundesliga 13de 1990-91 (I) Bundesliga 16de 1991-92 (II) 2.Bundesliga 4de 1992-93 (II) 2.Bundesliga 17de 1993-94 (II) 2.Bundesliga 4de 1994-95 (II) 2.Bundesliga 2de 1995-96 (I) Bundesliga 15de 1996-97 (I) Bundesliga 18de 1997-98 (II) 2.Bundesliga 4de 1998-99 (II) 2.Bundesliga 9de 1999-00 (II) 2.Bundesliga 14de 2000-01 (II) 2.Bundesliga 3de 2001-02 (I) Bundesliga 18de 2002-03 (II) 2.Bundesliga 17de 2003-04 (III) Regionalliga Noord 8ste 2004-05 (III) Regionalliga Noord 7de 2005-06 (III) Regionalliga Noord 6de 2006-07 (III) Regionalliga Noord 1ste 2007-08 (II) 2.Bundesliga 9de 2008-09 (II) 2.Bundesliga

Eksterne skakels (de) Amptelike klubblad (en) Abseits Guide to German Soccer

Pauli Kategorie:Hamburg