SV Wehen is 'n Duitse sokkervereniging uit die dorp Taunusstein in die deelstaat Hessen, naby die stad Wiesbaden. Wehen is 'n buurt van Taunusstein en was voor 1971 'n onafhanklike dorp.
Die vereniging is op 1 Januarie 1926 met 39 lede opgerig. In 1933 is die klub opgehef deur die Nazi-regime, maar dis in 1946 heropgerig.
Wehen het vir jare in die lae ligas meegeding, maar die klub se opmars het begin toe Heinz Hankammer van BRITA-waterfiltreringsisteme as hoofborg en voorsitter oorgeneem het. In 1982 was die klub nog in die kreisliga van Wiesbaden en in 1996 word die Regionalliga die eerste keer gehaal, die derde vlak van Duitse sokker. In 2005 is promosie na die 2. Bundesliga met slegs een punt gemis.
Die klub verwag om in 2007 promosie na die 2. Bundesliga te kry en as gevolg hiervan beplan die klub om sy stadion op te gradeer. Verder wil die klub ook na Wiesbaden verskuif om 'n meer volhoubare basis te skep vir 'n voltydse professionele sokkerspan.
Vanaf Augustus 2007 sal die Stadion an der Berliner Straße in Wiesbaden as tuisveld gebruik word. Hierdie stadion het 'n kapasiteit van 12 000 en is ook die tuisveld van SV Wiesbaden, wat tans in die Landesliga meeding. Intussen word onderhandel om 'n nuwe stadion saam met die nabygeleë FSV Mainz 05 op te rig met 'n kapasiteit van 30 000 tot 35 000. Indien die onderhandelinge nie realiseer nie, sal die klub 'n nuwe sokkerstadion in Wiesbaden oprig.
Onlangse ligaposisionering 1987-88 (IV) Landesliga Hessen-Sentraal 5de 1988-89 (IV) Landesliga Hessen-Sentraal 1ste 1989-90 (III) Am.Oberliga Hessen 4de 1990-91 (III) Am.Oberliga Hessen 4de 1991-92 (III) Am.Oberliga Hessen 4de 1992-93 (III) Am.Oberliga Hessen 4de 1993-94 (III) Am.Oberliga Hessen 4de 1994-95 (III) Regionalliga Suid 17de 1995-96 (IV) Oberliga Hessen 9de 1996-97 (IV) Oberliga Hessen 1ste 1997-98 (III) Regionalliga Suid 13de 1998-99 (III) Regionalliga Suid 6de 1999-00 (III) Regionalliga Suid 14de 2000-01 (III) Regionalliga Suid 11de 2001-02 (III) Regionalliga Suid 6de 2002-03 (III) Regionalliga Suid 7de 2003-04 (III) Regionalliga Suid 7de 2004-05 (III) Regionalliga Suid 3de 2005-06 (III) Regionalliga Suid 3de 2006-07 (III) Regionalliga Suid 2007-08 (II) 2. Bundesliga
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken
Wehen Kategorie:Wiesbaden