Trawniki is 'n dorpie in Pole, in die Świdnik-distrik in die woiwodskap Lublin.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog was dit 'n SS-arbeidskamp wat arbeiders na nabygeleë fabrieke gestuur het en Oos-Europese Hiwi (Hilfswilliger, "hulpvrywilligers") opgelei het vir diens in die Nazi-besettingseenhede in Pole en omliggende lande. Die Hiwi het bestaan uit etniese Duitsers uit die ooste van Europa, Oekraïne, Litaue, Letland, Estland en ander lande. Baie Trawniki-Männer het ook aan Operasie Reinhard deelgeneem, die Nazi's se plan vir die uitwissing van die Poolse Jode.
Die Tawniki-kamp was onder bevel van Hauptsturmführer Theodor von Eupen. Een van die Hiwi wat daar opgelei is, was John Demjanjuk.
Kategorie:Geskiedenis van Pole Kategorie:Nazi-konsentrasiekampe Kategorie:Nedersettings in Pole