Die Sassanidiese Ryk, ook bekend as die Derde Persiese Ryk of die Nieu-Persiese Ryk, (deur sy inwoners Ērānshahr 60px, ʾylʾnštr'; Pahlawi: 𐭠𐭩𐭥𐭠𐭭𐭱𐭲𐭥𐭩, ʾyrʾnštry of 𐭠𐭩𐭫𐭠𐭭𐭱𐭲𐭥𐭩, ʾylʾnštry; Moderne Persies: ایرانشهر; of Iran genoem), was die laaste koninkryk van die Persiese Ryk voor die koms van Islam. Dit is na die Huis van Sassan genoem en het vanaf 224 tot 651 bestaan. Die Sassanidiese Ryk het die Partiese Ryk opgevolg en is erken as een van die toonaangewende wêreldmagte langs sy naburige aartsvyand die Romeins-Bisantynse Ryk vir meer as 400 jaar. Norman A. Stillman The Jews of Arab Lands bl. 22 Jewish Publication Society, 1979 International Congress of Byzantine Studies Proceedings of the 21st International Congress of Byzantine Studies, London, 21–26 Augustus 2006, Volumes 1-3 bl. 29. Ashgate Pub Co, 30 September 2006

duimnael|links|Geanimeerde kaart van die Sassanidiese Ryk se uitbreiding duimnael|links|Sassanidiese seehandelsroetes Die Sassanidiese Ryk is na die ineenstorting van die Partiese Ryk en die neerlaag van die laaste Arsasidiese koning Artabanus V deur Ardasjir I gestig. Op sy grootste uitbreiding het dit die hele Iran, Irak, die oostelike Arabië (Bahrein, Katar, Koeweit, Oman, die Verenigde Arabiese Emirate), die Levant (Sirië, Palestina, Libanon, Israel, Jordanië), die Kaukasus (Armenië, Georgië, Azerbeidjan, Dagestan), Egipte, groot dele van Turkye, baie van Sentraal-Asië (Turkmenistan, Oesbekistan, Tadjikistan), Jemen, Afghanistan en Pakistan beheer. Volgens oorlewering was die vlag van die Sassanidiese Ryk die Derafsj Kawiani. Khaleghi-Motlagh, Derafš-e Kāvīān

Die Sassanidiese Ryk tydens die laat Oudheid word beskou as een van Iran se belangrikste en invloedrykste historiese tydperke en die laaste groot Irannese ryk voor die Islamitiese verowering van Persië en die Islamisering van Iran. Hourani, bl. 87. Op baie maniere word die Sassanidiese tydperk as die hoogtepunt van die antieke Persiese kultuur beskou. Die Sassanidiese kulturele invloedsfeer streek ver buite dié ryk se territoriale grense, tot in Wes-Europa, Will Durant, Age of Faith, (Simon and Schuster, 1950), 150. Afrika, China en Indië.Sarfaraz, bl. 329–330 Dit het 'n belangrike rol in die vorming van beide Europese en Asiatiese Middeleeuse kuns gespel. Baie van wat later as Islamitiese kultuur in kuns, argitektuur, musiek en ander onderwerpe bekend sou word is van die Sassanidiese Ryk deur die hele Islamitiese wêreld versprei. Abdolhossein Zarinkoob: Ruzgaran: tarikh-i Iran az aghz ta saqut saltnat Pahlvi, bl. 305

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>

Kategorie:Persiese Ryk Kategorie:Geskiedenis van Afghanistan Kategorie:Geskiedenis van Armenië Kategorie:Geskiedenis van Azerbeidjan Kategorie:Geskiedenis van Egipte Kategorie:Geskiedenis van Georgië Kategorie:Geskiedenis van Griekeland Kategorie:Geskiedenis van Israel Kategorie:Geskiedenis van Irak Kategorie:Geskiedenis van Pakistan Kategorie:Geskiedenis van Rusland Kategorie:Geskiedenis van Sirië Kategorie:Geskiedenis van Turkye