Susa (Persies: شوش, Schūsch; Hebreeus: שושן, Schūschān; Oud-Grieks: Σοῦσα, [ˈsuːsa]; Latyn: Susa; Siries: ܫܘܫ, Šuš) was 'n antieke stad. Die oorblyfsels is in die suidweste van die hedendaagse Iran naby die Irakse grens in die Chuzestan-provinsie naby die moderne stad Sjoesj geleë. Susa is een van die oudste deurlopend bewoonde stede wêreldwyd. Die etimologie van die stadsnaam is onseker.
duimnael|links|Ligging van Susa in Elam Vanaf die derde tot die eerste millennium v.C. het Susa met kort onderbrekinge as hoofstad van Elam gedien en het ook na die ineenstorting van dié ryk 'n belangrike stedelike sentrum gebly, onder meer tydens die Achaemenidiese Ryk, Seleukidiese Ryk, Partiese Ryk en Sassanidiese Ryk. Verskeie argeologiese opgrawings het ryk vondste opgelewer. Veral die Kodeks van Hammurabi, wat reeds in die oudheid as buit na Susa saamgeneem is, het sterk aandag getrek.
Volgens Bybelse oorlewering het die profeet Daniël tydens die Babiloniese ballingskap in Susa gebly. In die verhale van die Boek Ester neem die stad ook 'n belangrike rol in.
Galery
Sien ook Boesel met steenbokmotiewe Lys van Wêrelderfenisgebiede
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia</small>
Kategorie:Argeologiese vindplekke Kategorie:Geografie van Iran Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Iran Kategorie:Persiese Ryk Kategorie:Antieke nedersettings