Die Safawidiese Ryk (Persies: دودمان صفوی, Dudmān e Safavi ) was een van die kenmerkendste heersende dinastieë van Iran en word dikwels beskou as die begin van die moderne Iranse geskiedenis. Die Safawidiese sjahs het een van die drie Buskruitryke regeer; die ander twee was die Mogol- en die Ottomaanse Ryk. Streusand, Douglas E., Islamic Gunpowder Empires: Ottomans, Safavids, and Mughals (Boulder, Col : Westview Press, 2011) ("Streusand"), bl. 135. Hulle het een van die grootste Iranse ryke na die 7de-eeuse Islamitiese verowering van Persië beheer, Helen Chapin Metz. Iran, a Country study. 1989. University of Michigan, bl. 313. Emory C. Bogle. Islam: Origin and Belief. University of Texas Press. 1989, bl. 145. Stanford Jay Shaw. History of the Ottoman Empire. Cambridge University Press. 1977, bl. 77. Andrew J. Newman, Safavid Iran: Rebirth of a Persian Empire, IB Tauris (30 Maart 2006). en het die Twaalfer-Sjiisme as die amptelike godsdiens van die ryk gevestig, RM Savory, Safavids, Encyclopedia of Islam, Tweede uitgawe. wat een van die belangrikste keerpunte in die geskiedenis van Islam was.

duimnael|links|Kaart van die Safawidiese Ryk Die Safawidiese dinastie het sy oorsprong in die Safawidiese Orde van Soefisme, wat in die stad Ardabil van die Azerbeidjan-streek gestig is. Dit was van gemengde herkoms (Koerdies RM Savory. Ebn Bazzaz. Encyclopædia Iranica en Azerbeidjans, "Peoples of Iran" Encyclopædia Iranica. RN Frye. insluitende ondertrouery met Georgiese, Aptin Khanbaghi (2006) The Fire, the Star and the Cross: Minority Religions in Medieval and Early. London & New York. IB Tauris. , bl. 130–1 Sirkassiese en Ponties-Griekse Anthony Bryer. "Greeks and Türkmens: The Pontic Exception", Dumbarton Oaks Papers, Vol. 29 (1975), Appendix II "Genealogy of the Muslim Marriages of the Princesses of Trebizond" hoogwaardigheidsbekleërs). Van hul basis in Ardabil af het die Safawiede hul beheer oor dele van Groter Iran gevestig en die Iranse identiteit in die streek hervestig, Why is there such confusion about the origins of this important dynasty, which reasserted Iranian identity and established an independent Iranian state after eight and a half centuries of rule by foreign dynasties? RM Savory, Iran under the Safavids (Cambridge University Press, Cambridge, 1980), bl. 3. en het sodoende die eerste inheemse dinastie sedert die Sassanidiese Ryk geword wat 'n nasie onder die amptelike naam Iran kon vestig. Alireza Shapur Shahbazi (2005), "The History of the Idea of Iran", in Vesta Curtis ed., Birth of the Persian Empire, IB Tauris, London, bl. 108.

Die Safawiede was van 1501 tot 1722 aan die bewind (buiten 'n kort restourasietydperk tussen 1729 en 1736) en het op hul hoogtepunt die hele Iran, Azerbeidjan, Bahrein, Armenië, oostelike Georgië, dele van die noordelike Kaukasus, Irak, Koeweit en Afghanistan, asook dele van Turkye, Sirië, Pakistan, Turkmenistan en Oesbekistan oorheers.

Ten spyte van hul ondergang in 1736 het hulle 'n groot nalatenskap gehad met die herlewing van Iran as 'n ekonomiese vesting tussen oos en wes, die oprigting van 'n doeltreffende staatsburokrasie geskoei op die skeiding van magte, hul argitektoniese innovasies en die beskerming van beeldende kunste. Die Safawiede het hulle stempel tot vandag op die streek afgedruk deur die verspreiding van Twaalfer-Sjiisme in Iran en groot dele van die Kaukasus, Anatolië en Mesopotamië.

Sien ook Persiese Ryk

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>

Kategorie:Persiese Ryk Kategorie:Geskiedenis van Afghanistan Kategorie:Geskiedenis van Armenië Kategorie:Geskiedenis van Azerbeidjan Kategorie:Geskiedenis van Georgië Kategorie:Geskiedenis van Irak Kategorie:Geskiedenis van Pakistan Kategorie:Geskiedenis van Rusland Kategorie:Geskiedenis van Turkye