Johannes Albertus Morkel (gebore 10 Junie 1981), beter bekend as Albie Morkel, is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat vir die Proteas gespeel het. Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofee 2009, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012 en 2014 vir Suid-Afrika gespeel. In Januarie 2019 het hy uitgetree uit alle vorme van krieket.

Persoonlike lewe Hy kom van 'n Afrikanerfamilie, wat groot krieketondersteuners is. Voordat hy getrou het, het hy saam met sy broer, Morné, en spanmaat AB de Villiers gewoon in Pretoria. Hy woon vandag in Pretoria.

Verwysings

Eksterne skakels

Albie Morkel Albbie morkel Royal Challenger

Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van Hoërskool Vereeniging