Sint-Niklaas (Frans: Saint-Nicolas) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die noordooste van die Vlaamse provinsie Oos-Vlaandere en het 'n oppervlakte van 84 km² en 76 000 inwoners (2018). Sint-Niklaas lê 17 km van Dendermonde en ongeveer 20 km van Antwerpen.

Die stad beskik oor 'n spoorwegstasie wat verbindings na Lokeren, Gent, Antwerpen, Dendermonde en Brussel bied.

Geskiedenis Sint-Niklaas het in 1217 ontstaan. Die stad kry in 1804 stadstatus.

Op die internasionale dag teen rassisme van die Verenigde Nasies - 21 Maart 2007 - het die Vlaamse swart politikus Wouter Van Bellingen 626 paartjies in die eg verbind.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Sint-Niklaas is: Sint-Niklaas (stad) Belsele Sinaai Nieuwkerken-Waas Puivelde

Susterstede Abingdon, Verenigde Koninkryk, sedert 1967 Colmar, Frankryk, sedert 1962 Gorinchem, Nederland, sedert 1968 Lucca, Italië, sedert 1962 Schongau, Duitsland, sedert 1962 Tábor, Tsjeggië, sedert 2003

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Oos-Vlaandere Kategorie:Nedersettings in Oos-Vlaandere Kategorie:Stede in Vlaandere