duimnael|Titelblad van Les Chànts du Draïn Rimeux (Die lied van die laaste digter) (1884) deur ) deur Denys Corbet, so genoem aangesien Corbet gedink het dat hy die laaste persoon sou wees om in Guernesiais te skryf duimnael|Kaart wat Guernsey se ligging ten opsigte van Engeland en Frankryk aantoon duimnael|George Métivier, Guernésiais skrywer met die bynaam Guernsey Burns

duimnael|Dgèrnésiais boaan die lys van verwelkomings boodskappe by Guernsey se toerisme kantoor in St. Peter Port

Guernésiais, ook bekend as Dgèrnésiais, Guernsey Frans of Français Normand de Guernsey, is die variant van die Normandiese taal of parler (dialek) wat in Guernsey gepraat word. As een van die Oïltale het dit wortels in Latyn, maar dit is ook op verskillende tye sterk beïnvloed deur beide Oudnoors en Engels.

Guernésiais is tot 'n mate onderling verstaanbaar met Jèrriais wat in Jersey gepraat word en Normandies van die vasteland gedeelte van Normandië in Frankryk. Guernésiais is die naaste aan die Normandiese dialek van La Hague in die Cotentinskiereiland. Guernésiais is minder deur Frans beïnvloed as Jèrriais, maar is weer tot 'n groter mate deur Engels beïnvloed.Patrice Brasseur, DIALECTE ET FRANÇAIS ET DANS LES ILES ANGLO-NORMANDES:REMARQUES SOCIOLINGUISTIQUES, Afgelaai op 21 Maart Nuwe woorde is ingevoer vir moderne verskynsels soos le bike, le lorry en le gas-cooker. Die kontak tussen Engels en Guernésiais beïnvloed oënskynlik ook die grammatika van die dialek. Dit kan gesien word in die plasing van die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord.Bernd Heine, Contact-induced word order change without word order change , ARBEITEN ZUR MEHRSPRACHIGKEIT – WORKING PAPERS IN MULTILINGUALISM, Folge B, Nr. 76 • 2006, Afgelaai op 21 Maart 2007

Daar is 'n ryk digtradisie in Guernésiais. Guernésiais liedjies is deur die see, kleurvolle idiome, tradisionele volksverhale, so wel as die natuurskoon van die eiland geïnspireer. Die eiland se bekendste digter was Georges Métivier (1790–1881), 'n tydgenoot van Victor Hugo, wat plaaslike digters beïnvloed en geïnspireer het om hulle tradisionele digkuns te druk en publiseer. Métivier het plekname, voël- en dierename, tradisionele gesegdes en oorvertelde fragmente van middeleeuse poësie gemeng om sy Rimes Guernesiaises (1831) te skep. Que l'lingo seit bouan ou mauvais / J'pâlron coum 'nou pâlait autefais (of die “lingo” goed of sleg is, gaan ek praat soos ons destyds gepraat het), het Métivier geskryf.

Guernésiais het nog altyd 'n laer status as standaard Frans en terwyl eersgenoemde baie keer sommer kortweg patois genoem word, word na Standaard Frans as bon français (Letterlik goeie Frans) verwys. Guernsey is vandag grootliks verengels en Guernésiais is tans ernstig bedreig en dit loop gevaar om in die volgende paar dekades uit te sterf.

Geskiedenis en status Guernsey se kultuur en taal is 'n resultaat van die eiland se geografiese ligging en geskiedenis.Anne Curzan en Taryn Hakala, University of Michigan, XXIV International ICAME Conference, ICAME Journal No. 28, 23–27 April, 2003, Guernsey, Afgelaai op 21 Maart 2007 Die eiland is 130 km van Weymouth, die naaste hawe in Engeland en slegs 50 km van Dielette die naaste hawe in Frankryk af geleë. Guernsey was ook op verskillende tye deel van beide nasies. Die Kanaaleilande is in 933 deur Normandië geannekseer en die eilande se verhouding met Engeland het in 1066 begin toe Hertog Willem van Normandië Engeland oorwin het. Koning John het die vasteland gedeelte van Normandië aan Philip Augustus van Frankryk verloor in 1204, maar die Kanaaleilande het lojaal gebly aan die Engelse Kroon waarvoor hulle vergoed is met outonomie en belastingvoordele. Die eilande was strategies belangrik en het tot teen die 19de eeu talle aanvalle uit Frankryk trotseer.Julia Sallabank, Writing in an unwritten language: the case of Guernsey French, Reading, Vol. 6, =bladsye 217-244, Afgelaai op 21 Maart 2007

Normandiese Bloeitydperk en invoer van Standaard Frans en Engels Hoewel Engels 'n relatief nuwe aankomeling op die eiland is het dit Guernésiais en Frans in die afgelope 200 jaar grootliks verplaas en het dit van 'n minderheidstaal drie generasies terug uitgebrei tot 'n situasie waar die eiland tans so te sê heeltemal verengels is en Guernésiais ernstig bedreig is.<ref name="Sallabank2">Julia Sallabank, It won’t be the Guernsey French we know’: identity issues and language endangerment, Reading, vol. 7, bladsye 181--209, Afgelaai op 21 Maart 2007</ref> Te vore was Guernésiais die lingua franca wat deur die meerderheid op die eiland gebruik is terwyl standaard Frans as die hoëtaal vir amptelike doeleindes gebruik is. Engels het Frans reeds in die vroeë 19de eeu in die hoëtaal posisie begin verplaas. oorsake van die Engelse invloed sluit in die Napoleontiese Oorloë wat groot getaale Engelse soldate na die eiland gebring het, die deelname van Guernsey vrywilligers aan die Eerste Wêreldoorlog en die ontruiming van 'n groot deel van die bevolking tydens die en in besonder die skoolgaande bevolking tydens die Tweede Wêreldoorlog.BBC, Guernesiais – Further History of Guernsey French , besoek op 21 Maart 2007

Guernésiais is 'n variëteit van Normandiese Frans verwant die dialekte van die ander Kanaaleilande en die vasteland gedeelte van Normandië wat vir ten minste 'n duisend jaar op die eiland gepraat is. Toe François I die Franse troon in 1515 bestyg het, het hy die Paryse dialek gestandaardiseer en aangemoedig en het dit spoedig die prestige-taal geword hoewel streekstale steeds geduld is. Na die Franse Revolusie is daar geglo dat Standaard Frans die enigste taal was wat waardig is vir hoër gebruik en is streekstale aktief onderdruk. Hoewel Guernsey nie deel was van Frankryk nie is dit sterk beïnvloed deur Franse houdings. Dieselfde enkeltaal ideologie was ook aan die orde van die dag in Brittanje waar minderheidstale soos Wallies en Gaelies aktief onderdruk is. In beide lande is kinders gestraf as hulle minderheidstale op skool gepraat het.

In die middeleeue was Normandies 'n belangrike internasionale taal wat in Frankryk, Engeland en Italië gebruik is. Daar is 'n aansienlike hoeveelheid literatuur daarin geproduseer waaronder die bekendste Le Chanson de Roland, Le Roman de Rou en Le Roman de Brut is. In Engeland was Anglo-Normandies die taal van die elite van die 11de tot die 14de eeu en is dit vir gebruik tot die 16de eeu vir regsdoeleindes gebruik.

Romantiese Herlewing en Guernésiais Literatuur Tot die einde van die 19de eeu was die inwoners van Guernsey, soos meeste ander mense in die wêreld, ongelettered. Mense wat wel gelettered was, het gewoonlik ook standaard Frans gepraat wat die indruk dat Guernésiais 'n dialek van ongeletterde kleinboer was verder gevestig het. Guernésiais is dan ook nie waardig geag om as skryftaal te gebruik nie tot met die Romantieke herlewing waar belangstelling in plaaslike streektale en volkverhale aangewakker is nie. Guernésiais was dan ook die eerste weergawe van Normandies om geskryf te word. Dit was egter nie die begin van 'n groot renaissance van Normandies kultuur nie.

Die twee hoof Guernésiais outeurs van die tydperk was George Métivier (1790–1881) – met die bynaam Guernsey Burns, en Denys Corbet. Métivier was 'n tydgenoot van Victor Hugo, wat plaaslike digters beïnvloed en geïnspireer het om hulle tradisionele digkuns te druk en publiseer. Hoewel hulle die gevaar van verengelsing waargeneem het, het hulle hulle daarop toegespits om die gees van Guernésiais in digkuns te bewaar eerder as om geletterdheid in die streekstaal te bevorder. Corbet het selfs sy hoof bundel Le Chant du draïn rimeux, ‘die lied van die laaste digter’ (1884) genoem aangesien hy gedink het dat hy die laaste persoon sou wees om in Guernésiais te skryf. Corbet is die bekendste vir sy gedigte, veral die epiese L'Touar de Guernesy, 'n picaresque toer van die parogieë (gemeentes) van Guernesy. As redakteur van die Franse koerant Le Bailliage, het hy ook prosa rubrieke in Dgèrnésiais onder die pennaam Badlagoule ("chatterbox") geskryf. Corbet se voorbeeld is egter gevolg deur talle andere soos Tam Lenfestey (1818–1885), T.H. Mahy, Nico Guilbert en R. H Tourtel. Métivier het wel die eerste woordeboek van die Normandiese taal in die Kanaal-Eilande, die Dictionnaire Franco-Normand (1870) geproduseer. Dit het die eerste standaard ortografie gevestig wat later aangepas en gemoderniseer is. Onder sy poëtiese werk tel Rimes Guernésiaises wat in 1831 gepubliseer is. Prins Louis Lucien Bonaparte het ook 'n vertaling deur Métivier van die Gelykenis van die saaier in Guernésiais in 1863 gepubliseer as deel van sy filologiese navorsing.

Engelse kerke moes die Franse vertaling van die Bybel gebruik toe gevind is dat die bevolking nie veel Engels kon verstaan nie. In die 17de eeu het protestante vlugtelinge na Guernsey geïmmigreer om godsdienstige vervolg in Frankryk te ontwyk. Die Puriteinse ‘teokrasie’ wat op daardie stadium in beheer van die eiland was het die Calvinistiese predikers wat vlot in Frans was verwelkom. Standaard Frans sprekers het dus invloedryke posisies bekom wat waarskynlik bygedra het tot negatiewe houding teenoor die inheemse spreektaal. 'n Stabile diglossie verhouding het ontstaan waarvolgens Standaard Franse die hoëtaal geword het en Guernésiais die omgangstaal. Die volgehoue gebruik van Frans in die kerk het bygedra tot die behoud van Frans tot met die 20ste eeu.

Tweede Wêreldoorlog en Onderigtaal Die omgangstaal op Guernsey was egter steeds Guernésiais tot met die massa ontruiming van Guernsey kinders na die Britse vasteland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hoewel baie van die generasie na die oorlog na die eiland teruggekeer het, het die vyf jaar lange verwydering uit 'n Guernésiais taalomgewing veroorsaak dat 'n generasie kinders nie ten volle Guernésiais magtig was. Die gebeurtenis, gekoppel met grootskaalse immigrasie na en van die eiland het daartoe gelei dat daar min gesinne wat met twee Guernsey-sprekende ouers wat die taal aan hulle kinders kon oordra.

Guernésiais is nooit in die onderwys as onderrigtaal gebruik of as vak aangebied nie. Toe verpligte laerskool onderwys in 1900 ingevoer is, is Engels gekies as onderrigmedium. Tot op daardie stadium is Standaard Frans vir meeste onderwys gebruik. Tot die 1950's was dit algemeen vir kinders om Guernésiais te praat tot hulle skool begin gaan het. Die gebruik van Engels as onderrigmedium het 'n geweldig effek op taalhoudings en gebruike gehad. Dit het onderliggende indrukke dat Guernésiais slegs 'n kleinboer dialek, geskik slegs vir ongeletterdes, bevestig. Kinders wat nie kon Engels praat nie het swaar gekry op skool wat daartoe gelei het dat ouers begin het om tuis Engels te praat om hulle kinders voor te berei en hulle kinders te beskerm. Die dominante enkeltaal ideologie wat geheers het en 'n gebrek aan kennis het beteken dat additiewe tweetaligheid nie eers oorweeg is nie. Tweetaligheid is inderwaarheid as 'n stremming beskou. Byna geen kinders het meer Guernésiais geleer nie en binne twee generasies is Guernésiais in meeste gesinne nie meer tuis gebruik nie.

Huidige status Die 2001 sensus bevind dat 1 327 (1 262 in Guernsey gebore) of 2% van die bevolking die taal vlot praat terwyl 3% die taal ten volle verstaan. Meeste hiervan, 70% of 934 sprekers is egter 64 of ouer. Onder jong mense is slegs 0.1% of een uit 'n duisend vlot in die taal. 14% van die bevolking beweer egter wel dat hulle die taal tot 'n mate verstaan.