duimnael|Stadion an der Hamburger Straße
Eintracht Braunschweig is 'n sokkerklub uit die Duitse stad Brunswyk, gestig in 1895.
Die klub was vinnig gewild in Noord-Duitsland en het die streekskampioen geword in 1908 en 1913. In 1914 het die klub drie spelers vir die Duitse nasionale span gelewer. Met die oprigting van die Bundesliga in 1963 word die span een van die 16 gelukkige klubs wat in die nuwe kompetisie kon meeding. Vier jaar later word die klub die eerste keer ooit die Duitse kampioen en staan slegs 27 doele af, 'n rekord wat eers in 1988 deur SV Werder Bremen verbeter is.
Brunswyk was ook die eerste klub in die Bundesliga wat 'n borg se logo op sy truie aangebring het, 'n voorbeeld wat vinnig nagevolg is. In 1977 mis die span 'n tweede titel op 'n haar na deur 1 punt onder die kampioen VfL Borussia Mönchengladbach te eindig en gelyk met FC Schalke 04 te trek, maar 3de geplaas te word deur 'n swakker doelkoeffisiënt.
Nog 'n indrukwekkend rekord van die klub is dat geen speler 'n enkele rooi kaart gekry het van 1963 tot 1973 nie.
Erelys Duitse sokkerkampioen 1967
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (I) Bundesliga 11de 1964-65 (I) Bundesliga 9de 1965-67 (I) Bundesliga 10de 1966-67 (I) Bundesliga 1ste Duitse Kampioen 1967-68 (I) Bundesliga 9de 1968-69 (I) Bundesliga 4de 1969-70 (I) Bundesliga 16de 1970-71 (I) Bundesliga 4de 1971-72 (I) Bundesliga 12de 1972-73 (I) Bundesliga 17de 1973-74 (II) Regionalliga Noord 1ste 1974-75 (I) Bundesliga 9de 1975-76 (I) Bundesliga 5de 1976-77 (I) Bundesliga 3de 1977-78 (I) Bundesliga 13de 1978-79 (I) Bundesliga 9de 1979-80 (I) Bundesliga 18de 1980-81 (II) 2.Bundesliga Noord 2de 1981-82 (I) Bundesliga 11de 1982-83 (I) Bundesliga 15de 1983-84 (I) Bundesliga 9de 1984-85 (I) Bundesliga 18de 1985-86 (II) 2.Bundesliga 12de 1986-87 (II) 2.Bundesliga 17de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1988-89 (II) 2.Bundesliga 9de 1989-90 (II) 2.Bundesliga 7de 1990-91 (II) 2.Bundesliga 13de 1991-92 (II) 2.Bundesliga Noord 7de 1992-93 (II) 2.Bundesliga 19de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noord 2de 1994-95 (III) Regionalliga Noord 6de 1995-96 (III) Regionalliga Noord 2de 1996-97 (III) Regionalliga Noord 2de 1997-98 (III) Regionalliga Noord 2de 1998-99 (III) Regionalliga Noord 3de 1999-00 (III) Regionalliga Noord 3de 2000-01 (III) Regionalliga Noord 8ste 2001-02 (III) Regionalliga Noord 2de 2002-03 (II) 2.Bundesliga 15de 2003-04 (III) Regionalliga Noord 6de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 1ste 2005-06 (II) 2.Bundesliga 12de 2006-07 (II) 2.Bundesliga 18de 2007-08 (III) Regionalliga Noord 10de 2008-09 (III) 3. Liga 13de
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken
Kategorie:Brunswyk Brunswyk