Kenneth Wayne Hedberg (2 Februarie 1920 - 5 Januarie 2019) was 'n Amerikaanse chemikus.

Vroeë lewe Hedberg is op 2 Februarie 1920 gebore aan Gustave en Ruth Hedberg. Hy het as kind in Portland, Oregon en Hoquiam, Washington gewoon. Hedberg het hoërskool voltooi in Medford, Oregon.

Lewe Nadat hy by Oregon State Universiteit gegradueer het, het hy vir Shell Development Company gewerk. Daar het hy gewerk op sintetiese rubbers, die massaproduksie van penisillien, en 'n lugvaart-petrol inhibeerder.

Hy het in 1948 'n doktorsgraad aan die California Institute of Technology, onder Linus Pauling en Verner Shoemaker gekry. Tydens navorsing in Noorweë het Hedberg mede-chemici Lise Smedvik ontmoet. Hulle het by Oslo se stadsaal getrou in 1954. Die twee het in 1956 na Amerika teruggekeer en by die Oregon State-fakulteit aangesluit.

Latere jare Van Hedberg se latere navorsing is deur 'n Sloan-genootskap befonds. Hy het tot 1987 by Oregon State Universiteit klasgee.

Toekennings Lidmaatskap in die Noorse Akademie vir Wetenskap en Lettere Eredoktorsgraad van die Universiteit van Trondheim Mede-voorsitter van die American Physical Society Mede-voorsitter van die Amerikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap Fulbright-genootskap Guggenheim-genootskap

Dood Hedberg is oorlede op 5 Januarie 2019, 98 jaar oud.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse chemici Kategorie:Geboortes in 1920 Kategorie:Sterftes in 2019