Tygerberg is 'n distrik in die noordelike voorstede van Kaapstad in Suid-Afrika. Dit is ook die naam van die reeks heuwels in die omgewing. Die hoof Tygerberg-plase was Pampoenkraal, Stellenberg (het deel geword van Bellville), Evertsdal (vandag Bellville), Die Grendel (vandag Parow) Lebenstijn (deel van Bellville), Kenridge ingesluit in Bellville), Door de Kraal (ingesluit in Bellville), Vissershok (geen boerdery meer nie, aangesien dit 'n steengroef met mynaktiwiteite geword het) en Clara Anna Fontein.
Tygerberg-hospitaal is in Tygerberg. Die hospitaal is die sentrum vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe vir die Universiteit Stellenbosch.https://www.sun.ac.za/afrikaans Webtuiste vir Stellenbosch Universiteit (Afrikaans)
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne Skakels Universiteit Stellenbosch
Kategorie:Voorstede van Kaapstad