Algemene gegewens Land: Streek: 23px Hoofstad: Treviso (Trevixo) Administratiewe verdeling: 94 comuni Oppervlakte: 2 477 vk km Bevolking: 887 420 (31 Desember 2017) Bevolkingsdigtheid: 358,3 inwoners per vk km Webwerf: www.provincia.treviso.it ISO 3166-2: IT-TV President: Stefano Marcon (Lega Nord) Kaart 300px|Die ligging van Treviso in Italië

Die provinsie Treviso (Veneties: Provincia di Trevixo; Italiaans: Provincia di Treviso) is geleë in Noordoos-Italië en maak deel uit van die administratiewe streek Veneto. Treviso, wat in 94 munisipaliteite onderverdeel word, het 'n oppervlakte van 2 477 km2 en 'n bevolking van sowat 887 420 (soos op 31 Desember 2017Camera di Commercio Treviso-Belluno | Dolomiti: Belluno e Treviso in cifre e confronti con il Veneto. Besoek op 30 Mei 2019). Die capoluogo of administratiewe setel (asook die naamgewende en grootste nedersetting) is Treviso. Treviso grens in die noorde aan die provinsie Belluno, in die weste aan Vicenza, aan Padua in die suidweste, Venesië in die suidooste en Friuli-Venezia Giulia in die ooste.

Die huidige provinsie het sy historiese voorloper in 'n Middeleeuse markgraafskap, die Marca Trevigiana (derhalwe word na die provinsie in Italiaans dikwels ook kort as Marca verwys), en het later eeue lank deel uitgemaak van die Republiek Venesië se vastelandse besittings, die Terraferma. In 1796 het dit onder Oostenrykse bewind gekom. In 1866 het dit deel van die verenigde Italië geword. Die provinsie was een van die belangrikste Italiaanse oorlogsteaters tydens die Eerste Wêreldoorlog, gesplyt deur die frontlinie tussen Italiaanse en Oostenryks-Hongaarse magte, met veldslae in Monte Grappa, Montello en Vittorio Veneto.

In die 20ste eeu het familieondernemings soos De’Longhi, Benetton en Stefanel hulle suksesvol op die wêreldmark geposisioneer en bygedra tot die provinsie se ekonomiese welvaart.

Galery

Verwysings

Literatuur Ferruccio Mazzariol: La mia Treviso. Passegiate nella Marca. Seconda edizione. Treviso: Editrice Santi Quaranta 2016

Eksterne skakels Toerisme

Tourism promotion projects in the Marca Trevigiana YouTube.com: Provincia di Treviso - Ti resta nel cuore 2010. Video promozionale turistico

Kategorie:Provinsies van Italië