Luba-Kasai (Ciluba of Tshiluba) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 7,1 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Kongo, Lingala en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo, naas die amptelike taal Frans.
duimnael|links|Verspreiding van Luba-Kasai en Luba-Katanga in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Luba-Kasai het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en word deur die Luba- en Lulua-volke in die sentrale suide van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem. Luba-Kasai beskik oor die wêreld se moeilikste woord om te vertaal: Ilunga, wat "'n persoon wat gereed is om enige misbruik vir die eerste keer te vergewe, dit 'n tweede keer te verdra, maar nooit 'n derde keer nie" beteken.
Verwysings
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van die Demokratiese Republiek die Kongo