Juan Gerardo Guaidó Márquez (gebore 28 Julie 1983) is 'n Venezolaanse ingenieur en politikus wat sedert Januarie 2019 as die president van die Nasionale Vergadering van Venezuela verklaar is, maar nooit gedien het nie. Hy is 'n lid van die Voluntad Popular ("Wil van die Volk")-party, en dien ook as 'n federale adjunk wat die staat van Vargas verteenwoordig.
Hy is op 11 Januarie 2019 deur die Nasionale Vergadering as tussentydse president van Venezuela verklaar nadat Nicolás Maduro vir 'n tweede termyn as president aangewys is, maar Maduro was daarna nog tot 2026 aan bewind.
Vroeë onderwys en aktivisme Guaidó het in 2000 sy hoërskooldiploma behaal nadat hy die Vargas-tragedie van 1999 beleef het, wat waarskynlik sy politiek beïnvloed het. Hy het nie die nuwe regering van Hugo Chávez ondersteun nie. Hy het daarna as industriële ingenieur gekwalifiseer nadat hy in 2007 aan die Andrés Bello-Katolieke Universiteit afgestudeer het.
Hy was deel van 'n studentgeleide politieke beweging wat protes teen die Venezolaanse regering se besluit om nie die uitsaailisensie van die onafhanklike televisienetwerk RCTV te hernu nie. Die groep het ook geprotesteer ten gunste van hervorming van Hugo Chávez se regering, insluitend die konstitusionele referendum van 2007.
Guaidó, saam met politieke figure soos Leopoldo López, was in 2009 die stigterslede van die Voluntad Popular-party.
Venezolaanse Nasionale Vergadering In die parlementsverkiesing van 2010 is Guaidó verkies tot 'n posisie as alternatiewe federale afgevaardigde. Hy is verkies tot 'n lid van die Nasionale Vergadering in die verkiesings in 2015 deur 97 492 stemme (26,01%) van die stemme op hom te verenig. Ten spyte daarvan dat mense ernstig verarm is, is 'n meerderheid van werkgewers in Vargas staatsmaatskappye, en tot voor Guaidó se 2015-verkiesing, was die Chávez-regering nooit polities in die staat uitgedaag nie.
Guaidó het in die Nasionale Vergadering gewerk aan die ondersoek van korrupsiegevalle van die Maduro-administrasie, asook saam met onafhanklike organisasies om geld wat van Venezuela gesteel is, terug te besorg.
President van die Nasionale Vergadering Guaidó is in Desember 2018 as president van die Nasionale Vergadering van Venezuela verkies. Hy is op 5 Januarie 2019 beëdig. Met sy aanstelling het hy belowe om Nicolás Maduro, wat daarvan beskuldig word dat hy met die verstryking van sy presidensiële termyn wat op 10 Januarie 2019 verval, wil aanbly. Verskeie Latyns-Amerikaanse leiers het by Maduro gepleit om aan die einde van sy ampstermyn, die uitvoerende gesag aan die Nasionale Vergadering te oorhandig terwyl nuwe verkiesings gehou moet word om die demokrasie te herstel.
Aanvaarding van presidensiële magte en pligte Na wat hy en ander beskryf het as die "onwettige" inhuldiging van Maduro op 10 Januarie 2019, het Guaidó aangekondig dat hy Maduro se aanspraak sou uitdaag en die Nasionale Vergadering het veklaar dat hy die magte en verantwoordelikhede van die president oorgeneem het en dat hulle sal voortgaan met die plan om Maduro te verwyder, wat bydra tot die presidensiële krisis. Guaidó se aanstelling is prominent ondersteun deur die Organisasie van Amerikaanse State.
Op 13 Januarie 2019 is hy deur die Servicio Bolivariano de Inteligencia Nacional (SEBIN) in hegtenis geneem. Hy is later op dieselfde dag vrygelaat. Op dieselfde dag het hy homself as waarnemende president verklaar.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Venezuela Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense