Sir Christopher Joseph Quinton Brand (25 Mei 1893 – 7 Maart 1968) was 'n Suid-Afrikaanse offisier wat in die Britse Lugmag diens gedoen het. Hy is in Kimberley gebore en ontvang opleiding in Johannesburg. In die Eerste Wêreldoorlog dien hy in die Britse Vliegkorps en neem saam met sir Pierre van Ryneveld deel aan die beroemde pioneervlug van Londen na Kaapstad in 1920. Hy word later Direkteur van Lugvaart in Egipte. Hy neem ook aan die Tweede Wêreldoorlog deel in beheer van Nr. 10 Vegtersgroep.

Bronne

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse vlieëniers Kategorie:Suid-Afrikaners in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Suid-Afrikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Britse vlieëniers Kategorie:Maarskalke Kategorie:Geboortes in 1893 Kategorie:Sterftes in 1968