Die Koninkryk Aksoem (Ge'ez: አክሱም, ʾÄksum), of die Aksoemitiese Ryk, was van die laat Oudheid tot die Middeleeue 'n koninkryk in Oos-Afrika en Suid-Arabië. Dit was geleë in wat nou Noord-Ethiopie en Eritrea is, en het dele van die hedendaagse Djiboeti en Soedan ingesluit. Die koninkryk het uit die vroeëre Dʿmt-beskawing ontstaan en is in die 1ste eeu gestig.The Cultural Heritage of Aksum., UNESCO Aksoem was baie eeue lank die koninkryk se hoofstad, totdat dit in die 9de eeu na Koebar geskuif is weens afnemende handelsverbindings en voortdurende invalle.

duimnael|links|260px|Tipiese Aksoemitiese argitektuur: die kerk van Debre Damo naby Aksoem. thumb|links|260px|'n Aksoemitiese katedraal, die Maagd Maria van Sion. Die profeet Mani het die Koninkryk Aksoem as een van die groot moondhede van die 3de eeu beskou, saam met Persië, Rome en China. Aksoem het bly uitbrei onder die bewind van Gadarat (omstreeks 200-230), wat die eerste koning was wat by Suid-Arabiese sake betrokke was. Sy bewind het gelei tot beheer oor 'n groot deel van Wes-Jemen. Tydens die bewind van Endoebis (270-310) het Aksoem geld begin munt wat tot in Suid-Indië opgegrawe is. Die amptelike taal was Ge'ez, 'n Semitiese taal.

Namate die koninkryk 'n groot mag geword het op die handelsroete tussen Rome en Indië en dit 'n monopolie van handel in die Indiese Oseaan verkry het, het dit die Grieks-Romeinse kulturele sfeer betree. Vanweë sy bande met die Grieks-Romeinse wêreld het Aksoem in die middel 4de eeu die Christendom as staatsgodsdiens aangeneem onder Ezana (320's tot omstreeks 360). Ná hulle kerstening het die Aksoemiete ophou steles bou. Die koninkryk het deur die laat Oudheid bly uitbrei: Dit het Koesj in 330 onder Ezana vir 'n kort tyd verower en van hulle die Griekse naam "Ethiopië" gekry.

Die Aksoemitiese oorheersing van die Rooisee het 'n hoogtepunt bereik tydens die bewind van Kaleb (514-542). In opdrag van die Bisantynse keiser Justinus I het hy die Koninkryk Himjar in Jemen aangeval om 'n einde te bring aan die vervolging van Christene, wat deur die Joodse koning Dhu Nuwas gepleeg is. Met die anneksasie van Himjar het die Koninkryk Aksoem sy grootste gebiedsomvang bereik: sowat 2,5 miljoen km2. Die gebied is egter in die Aksoemities-Persiese Oorloë verloor. Aksoem het in beheer van Suid-Arabië gebly van 520 tot 525, toe Soemjafa Asjwa deur die Aksoemitiese militêre leier Abraha onttroon is.

Die koninkryk se geleidelike verval het teen die 7de eeu begin. In dié tyd is geld nie meer gemunt nie. Die Persiese (en later Moslemse) teenwoordigheid in die Rooisee het daartoe gelei dat Aksoem ekonomies gely het, en die inwoners van die stad Aksoem het afgeneem. Saam met omgewings- en interne faktore, word dit beskou as die rede vir die verval. Aksoem se laaste drie eeue was 'n donker tydperk, en omstreeks 960 het die koninkryk onder onsekere toestande in duie gestort. Ondanks Aksoem se posisie as een van die belangrikste ryke van die laat Oudheid, het dit in obskuriteit verval terwyl Ethiopië deur die Middeleeue afgesonder gebly het.

Etimologie Carlo Conti Rossini glo die naam "Aksoem" kom van 'n Semitiese wortel en beteken "groen en digte tuin" of "vol gras".

Geskiedenis Vroeë geskiedenis Voor die stigting van Aksoem was Eritrea en die Tigrai-plato van Noord-Ethiopië die tuiste van 'n koninkryk bekend as Dʿmt. Argeologiese bewyse dui daarop dat die koninkryk deur Sabeërs van die hedendaagse Jemen beïnvloed is. Geleerdes het vroeër algemeen geglo Sabeërs was die stigters van die Semitiese beskawing in Ethiopië, maar dit is nou weerlê en hulle invloed word as klein beskou. Die Sabese invloed het waarskynlik net 'n paar dekades geduur, maar hulle invloed op die latere Aksoemitiese beskawing sluit in die aanvaarding van die antieke Suid-Arabiese skrif, wat in die Ge'ez-skrif ontwikkel het, en antieke Semitiese godsdiens.

Die aanvanklike eeue van Aksoem se ontwikkeling, van 'n beskeie streeksentrum tot 'n beduidende mag, bly grootliks onduidelik. Artefakte uit die Steentydperk is opgegrawe by Gobedra, twee kilometer wes van Aksoem. Opgrawings op Beta Gijorgis, 'n heuwel noordwes van Aksoem, bevestig die pre-Aksoemitiese wortels van 'n nedersetting in die omgewing van Aksoem wat dateer van die 7de tot 4de eeu v.C. Verdere bewyse uit opgrawings in die Stelepark in die hart van Aksoem staaf deurlopende aktiwiteit in die gebied vanaf die begin van die gewone era. Twee heuwels en twee strome lê oos en wes van Aksoem, wat moontlik die aanvanklike aansporing vir vestiging in dié gebied was.

Argeologiese bewyse dui daarop dat die Aksoemitiese staatsvorm tussen 150 v.C en 150 n.C ontstaan het. Dit lyk of kleinskaalse distrik-"koninkryke" met baie groot gekonsentreerde gemeenskappe en een of meer elitewoning in die vroeë tydperk van die Koninkryk Aksoem bestaan het. Volgens Stuart Munro-Hay "was die koninkryk waarskynlik 'n konfederasie, wat gelei is deur 'n distriksvlakkoning wat die lojaliteit van ander klein konings binne die Aksoemitiese ryk geëis het. Die heerser van die Aksoemitiese koninkryk was dus 'n "koning van konings" – 'n titel wat gereeld in inskripsies van dié tydperk gevind word. Daar is geen bewyse dat 'n enkele koninklike lyn reeds ontstaan het nie, en dit is heel moontlik dat by die dood van 'n koning van konings, 'n nuwe een uit al die konings in die konfederasie gekies sou word, eerder as deur die een of ander beginsel van geboortereg."S. C. Munro-Hay (1991) Aksum: An African Civilization of Late Antiquity. Edinburgh: University Press. p. 40.

Opkoms van Aksoem thumb|240px|Argeologiese opgrawings wat in 1907 by Adoelis gedoen is. Die eerste historiese vermelding van Aksoem kom uit die Periplus van die Eritrese See, 'n handelsgids wat waarskynlik van die middel van die 1ste eeu dateer. Aksoem word saam met onder meer die hawe Adoelis genoem as deel van die ryk van Zoskales. Die gebied word beskryf as hoofsaaklik die produseerder van ivoor en skilpaddoppe. Dit is duidelik dat Aksoem, selfs in hierdie vroeë stadium van sy geskiedenis, 'n rol gespeel het in die handelsroete tussen Rome en Indië.

Die Aksoemitiese beheer oor Adoelis het die ruil van Ethiopiese produkte vir buitelandse goedere moontlik gemaak. Beide Plinius die ouere en die Periplus verwys na dié hawe, geleë drie dae van die aanvanklike ivoormark by Coloe, wat self vyf dae van Aksoem was. Die handel oor die Rooisee, wat gestrek het van die Romeinse Ryk in die noorde tot Indië en Ceylon in die ooste, het 'n deurslaggewende rol in Aksoem se voorspoed gespeel. Die stad het floreer deur die uitvoer van goedere soos ivoor, skilpaddoppe en renosterhorings. Plinius het ook bykomende items genoem soos seekoeivel, ape en slawe.

In die 2de eeu het Ptolemeus se geograaf na Aksoem verwys as 'n magtige koninkryk. Beide argeologiese vondste en tekste dui daarop dat 'n gesentraliseerde streeksbewind in dié tydperk in die Aksoemitiese gebied ontstaan het, gekenmerk deur gedefinieerde sosiale stratifikasie. Teen die begin van die 4de eeu was die Aksoemitiese staat goed gevestig, met stedelike sentrums; 'n amptelike geldeenheid, met munte in goud, silwer en koper; 'n intensiewe landboustelsel; en 'n georganiseerde militêre mag.

Omstreeks 200 het Aksoemitiese ambisies uitgebrei na Suid-Arabië, waar Aksoemiete hulle skynbaar in al-Maafer gevestig het en op verskeie punte in konflikte betrokke was met Saba en Himjar. Hulle het ook verskillende bondgenote gevorm met hoofkoninkryke en stamme. In die vroeë deel van die 3de eeu het die konings Gadarat en 'Azaba militêre ekspedisies na die streek gestuur. Inskripsies van plaaslike Arabiese dinastieë verwys na dié heersers met die titel "nadjasji van Aksoem en Habasjat". Later in die eeu word die mlky hhst dtwns wzqrns (konings van Habasjat Datawnas en Zaqarnas) ook genoem wat in Arabië veg.

Volgens 'n Griekse inskripsie in Eritrea, bekend as die Monumentum Adulitanum, het die Aksoemiete, gelei deur 'n anonieme koning, teen ongeveer die middel tot laat 3de eeu (moontlik omstreeks 240-260) beduidende territoriale uitbreiding in die Ethiopiese Hoogland en die Arabiese Skiereiland bereik, met hulle invloed wat gestrek het tot by die Tanameer en die grense van Egipte.George Hatke, Aksum and Nubia: Warfare, Commerce, and Political Fictions in Ancient Northeast Africa (New York University Press, 2013), pp. 44.

duimnael|200px|links|Die Romeinse Stele, of Aksoem-obelisk, in Aksoem, Tigrai-streek, Ethiopië. Teen die einde van die 3de eeu het Aksoem erkenning gekry deur die profeet Mani as een van die vier groot moondhede van die wêreld saam met Rome, Persië en China. Namate Aksoem se politieke invloed uitgebrei het, het die grootsheid van sy monumente ook toegeneem. Opgrawings deur argeologiese ekspedisies het die vroeë gebruik van steles aan die lig gebring, wat ontwikkel het van eenvoudige en growwe merkers tot sommige van die grootste monumente in Afrika. Die granietsteles in die hoofbegraafplaas van Aksoemitiese konings het verander van eenvoudig in sorgvuldig bewerkte graniet, in uiteindelik veelverdiepingtorings in 'n kenmerkende argitektoniese styl. Aksoemitiese argitektuur het massiewe bewerkte granietblokke, kleiner ongekapte klippe vir mure, messelklei, bakstene en sigbare houtuitsteeksels, bekend as "aapkoppe", vertoon. Mure het na binne geleun en verskeie ingeboude nisse vir ekstra sterkte ingesluit.

Aksoem en ander stede, soos Adoelis en Matara, het aansienlike "paleise" gehad wat hierdie argitektoniese styl gebruik het. In die vroeë 6de eeu het die reisiger-handelaar Kosmas Indikopleustes sy besoek aan Aksoem beskryf. Hy maak melding maak van die viertoringpaleis van die Aksoemitiese koning, versier met bronsstandbeelde van eenhorings. Aksoem het ook rye monumentale graniettrone gehad, waarskynlik met metaalstandbeelde gewy aan voor-Christelike gode. Hierdie trone het groot panele aan die kante en agterkant met inskripsies oor konings gehad, en het as oorwinningsmonumente gedien om hulle oorloë te dokumenteer.

thumb|220px|Muntstukke van koning Ezana, 330-360 n.C. Koning Ezana was in die 4de eeu die eerste Christelike heerser van Aksoem. Sy munte en inskripsies toon omstreeks 340 die oorgang van voor-Christelike beelde na Christelike simboliek. Die bekering tot die Christendom was een van die mees rewolusionêre gebeurtenisse in die geskiedenis van Ethiopië, aangesien dit Aksoem 'n kulturele band met die Grieks-Romeinse wêreld gegee het. Aksoem het 'n politieke band gekry met die Bisantynse Ryk, wat hom as beskermer van die Christendom beskou het. Drie inskripsies op die Ezanasteen dokumenteer die bekering van koning Ezana tot die Christendom en twee van sy militêre ekspedisies teen naburige gebiede, een in Grieks en die ander twee in Ge'ez en Sabees. Die twee ekspedisies verwys na twee afsonderlike veldtogte, een teen die "Noba" en die ander teen die Beja. Volgens die inskripsie was die Noba êrens rondom die samevloei van die Nyl en Atbara gevestig, waar hulle blykbaar groot dele van Koesj oorgeneem het. Tog het hulle nie die Koesjiete uit hulle kerngebied verdryf nie, aangesien die inskripsie meld dat die Aksoemiete by die samevloei van die twee riviere teen hulle geveg het.

Koning Kaleb het 'n ekspedisie gestuur teen die Joodse koning Dhu Nuwas van Himjar in Jemen, wat Christene daar vervolg het. Kaleb het lof ontvang as die veroweraar van Jemen. Hy het sy titel uitgebrei om "koning van Hadramawt" in Suidoos-Jemen in te sluit, asook van die Jemense kusvlakte en hoogland, en "al hulle Arabiere". Dit dui op die uitgebreide invloed van Aksoem oor die Rooisee tot in Arabië. Dhu Nuwas is afgesit en vermoor, en Kaleb het 'n Arabiese onderkoning met die naam Esimifaios in sy plek aangestel, maar sy bewind het net kort bestaan: Hy is ná vyf jaar in 'n staatsgreep deur die Aksoemiet Abraha van die troon gesit. Kaleb het twee ekspedisies teen Abraha gestuur, maar albei is verslaan. Daarna het Abraha oor Jemen bly regeer danksy 'n heffingsooreenkoms met die koning van Aksoem.