duimnael|Die Chang'e 4-landingstuig en Yutu-2-maankarretjie. duimnael|Die kant van die Maan wat altyd weg van die Aarde af wys vanweë sy sinchroniese rotasie. duimnael|Die landingsterrein is ’n gladde vlakte in die krater Von Kármán aan die agterkant van die Maan. Die koördinate is 45.47084 S, 177.60563 O.

Chang'e 4 (Chinees: 嫦娥四号; Cháng'é sìhào) is ’n Chinese maanverkenningsending wat op 3 Januarie 2019 die eerste sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer het.

Die robotlandingstuig en die Yutu-2-maankarretjieThis map shows exactly where China landed its Chang'e-4 spacecraft on the far side of the moon. Dave Mosherand and Shayanne Gal, Business Insider. 3 Januarie 2019. is op 7 Desember 2018 gelanseer en het op 12 Desember in ’n wentelbaan om die Maan gegaan. Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 ’n sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer.

Vorige sendings Die sending volg op Chang'e 3, China se eerste landing op die Maan. Die tuig is aanvanklik as ’n ondersteuningstelsel vir Chang'e 3 gebou en het beskikbaar geraak nadat Chang'e 3 in 2013 suksesvol geland het. Chang'e 4 se konfigurasie is aangepas vir die nuwe wetenskaplike doelwitte. Nes sy voorgangers is die sending genoem na die Chinese maangodin, Chang'e.

Landingsterrein Die landingsterrein is ’n gladde vlakte in die krater Von Kármán.China's Journey to the Lunar Far Side: A Missed Opportunity? Paul D. Spudis, Air & Space Smithsonian. 14 Junie 2017. Dit het ’n deursnee van 180 km en lê in ’n deel aan die agterkant van die Maan wat nog onverken is.

Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 geland en is die eerste ruimtetuig wat aan die agterkant van die Maan land. Die Yutu-2-maankarretjie is later die dag ontplooi.

Mini-biosfeer 'n Mini-bosfeer het die lewensvatbaarheid van plantverbouing by ruimtebasisse ondersoek. Die 2,6 kg "Lunêre Mikro-ekostelsel" het grond, lug en water bevat, waarby organismes soos aartappel- en katoensaad, gis, en eiers van vrugtevlieë gevoeg is. 'n Katoensaad is suksesvol ontkiem om sodoende die eerste plant te word om op 'n ander wêreld te groei. Dit het vir omtrent twee weke oorleef, en het twee blare in die mini-biosfeer gevorm. Na die eksperiment beëindig is het die ysige temperature van die maannag hul tol op die saailing geëis.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Ruimteverkenning