Robert Gabriel Mugabe (21 Februarie 1924 – 6 September 2019) was 'n Zimbabwiese politikus. Hy was vanaf 1980 die staatshoof van Zimbabwe, eers as eerste minister en later as president. In die laaste jare van sy presidentskap is hy deur vele as 'n diktator beskou wat ter wille van magsbehoud die ekonomiese welsyn van die Zimbabwiese bevolking opgeoffer het.
Mugabe is naby die destydse Fort Victoria (vandag Masvingo) gebore en het aan talle universiteite studeer, waaronder die Universiteit van Fort Hare in Suid-Afrika, asook in Accra, Ghana.
Politieke loopbaan duimnael|links|Demonstrasie teen Mugabe in Londen. duimnael|links|Robert Mugabe saam met sy vrou Grace in 2013.
In 1960 het hy na Suid-Rhodesië teruggekeer en 'n stigterslid van die ZANU-party geword. Vanaf 1964 het hy tien jaar in die tronk deurgebring. Daarna het hy Rhodesië verlaat en na Mosambiek gegaan om met die Zimbabwe African National Liberation Army (ZANLA, die militêre afdeling van die ZANU-party) teen Ian Smith se blanke regering van Rhodesië te veg. In die loop van dié konflik het die ZANLA ook wit boere se plase aangeval. Die uiteinde van die oorlog teen blank-Rhodesië was dat die land na Zimbabwe hernoem is en dat Robert Mugabe ná die eerste vrye verkiesing op 4 Maart 1980 Zimbabwe se eerste minister geword het. Daar word gesê dat hy in 1982 meer as 20 000 Ndebeles laat vermoor het, omdat hulle sy teenstander Joshua Nkomo ondersteun het.
In 1987 is die amp van die eerste minister van Zimbabwe afgeskaf en het Mugabe die president van die land geword. Hy kon die verkiesings van 1990 met verreweg die meeste stemme wen, maar het hom begin radikaliseer. Later was sy regering 'n diktatuur en is hy deur ander partylede dikwels "koning" genoem.
In reaksie op kritiek het hy by 'n staatsbegrafnis van een van sy kabinetsministers gesê:
Hy is verbied om na die Europese Unie te reis weens die erge skending van menseregte in sy land. Op 30 Januarie 2015 het hy president van die Afrika-unie geword en dié amp tot 30 Januarie 2016 beklee. Sy bynaam was Uncle Bob. Ná 'n de facto-staatsgreep het Mugabe op 21 November 2017 as staatshoof bedankThe Guardian, 21 November 2017: Robert Mugabe resigns as president of Zimbabwe. Besoek op 21 November 2017 en van die openbare toneel verdwyn.
Dood Mugabe is weens swak gesondheid op 6 September 2019 in die ouderdom van 95 in Singapoer oorlede.
Lees ook Gukurahundi Mugabe and the White African
Verwysings
Eksterne skakels
Webwerf van Zimbabwe se regering Joseph Winter: Mugabe’s Descent into Dictatorship (13 Maart 2002) The Daily Mail:The battle to ban Mugabe's men
Kategorie:Eerste Ministers van Zimbabwe Kategorie:Diktators Kategorie:Presidente Kategorie:Rewolusioniste Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2019