duimnael|Wapen van Suid-Afrika (1932–2000)

Die Eerste Minister van Suid-Afrika was die regeringshoof van Suid-Afrika van 1910 tot 1984. Suid-Afrika het in daardie tydperk die Britse grondwetlike model gevolg, waar die staatshoof (die Goewerneur-generaal van Suid-Afrika tot 1961 en die Staatspresident van Suid-Afrika daarna) seremonieel en bo die partypolitiek verhewe was, terwyl die regeringshoof 'n politieke leier was. Die eerste minister is deur die staatshoof aangestel, maar in die praktyk was hy altyd die hoof van die politieke party of koalisie met die meerderheid van die setels in die parlement. Die ampte van staatshoof en regeringshoof is in 1984 saamgesnoer en die amp van Eerste Minister afgeskaf nadat 'n nuwe grondwet aangeneem is en die driekamerparlement ingevoer is.

Lys van Eerste Ministers van Suid-Afrika (1910–1984) Partye

# Naam(Geboorte–Dood) Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat Verkies(Parlement) Party1Louis Botha(1862–1919)100px31 Mei 191027 Augustus 19191910 (1)1915 (2)Suid-Afrikaanse Party2Jan Christian Smuts(1870–1950)144x144px3 September 191930 Junie 1924 — (2)1920 (3)1921 (4)Suid-Afrikaanse Party3Barry Hertzog(1866–1942)100px30 Junie 19245 September 19391924 (5)1929 (6)1933 (7)1938 (8)Nasionale Party (tot 1934)Verenigde Party (vanaf 1934)(2)Jan Christian Smuts(1870–1950)144x144px5 September 19394 Junie 1948 — (8)1943 (9)Verenigde Party4Daniël François Malan(1874–1959)100px4 Junie 194830 November 19541948 (10)1953 (11)Nasionale Party5Johannes Gerhardus Strijdom(1893–1958)128x128px30 November 195424 Augustus 1958 — (11)1958 (12)Nasionale Party6Hendrik Verwoerd(1901–1966)130x130px2 September 19586 September 1966 — (12)1961 (13)1966 (14)Nasionale Party7John Vorster(1915–1983)100px13 September 19662 Oktober 1978 — (14)1970 (15)1974 (16)1977 (17)Nasionale Party8Pieter Willem Botha(1916–2006)100px9 Oktober 197814 September 1984 — (17)1981 (18)1984 (19)Nasionale Party

Sien ook

Adjunkpresident van Suid-Afrika Goewerneur-generaal van Suid-Afrika President van Suid-Afrika Speaker van die Nasionale Vergadering Staatspresident van Suid-Afrika Lys van Suid-Afrikaanse staatshoofde

Kategorie:Suid-Afrikaanse lyste Suid-Afrika