Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens, voorheen die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), is die mediese komponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag.
Die SAGD is in 1968 gestig deur die mediese eenhede van die Suid-Afrikaanse Leër, die Suid-Afrikaanse Lugmag, en die Suid-Afrikaanse Vloot uit die onderskeie diensmagte te neem en in 'n nuwe 'gemeenskaplike diensmag', die SA Geneeskundige Diens, in te deel. In 1979 is die SAGD tot die status van 'n gevegsdiens, gelyk aan die leër, lugmag en vloot, verhef. Die naam is in 1998 na 'Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens' verander. Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (afgekort: SAGD) is die vorige naam van die huidige Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens.
In die sewentigerjare is die bevel en beheerstruktuur van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) verskeie kere hersien om by veranderende omstandighede aan te pas. As deel hiervan is die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens op 1 Julie 1979 gestig om naas die Leër, Lugmag en Vloot die vierde weermagsdeel te word.
Range, kentekens en medaljes Die rangstruktuur van offisiere en onderoffisiere is identies aan die S.A. Leër s'n, behalwe dat maroen as agtergrondkleur gebruik word, i.p.v. die gebruiklike vaalbruin van die epoulette.
Voorbeelde van range deur offisiere gedra in die voormalige SAGD
Nering-kentekens op die bors van offisiere in die SAGD gedra
Sommige eenhede 1 Militêre Hospitaal te Voortrekkerhoogte, Pretoria 2 Militêre Hospitaal te Wynberg, Wes-Kaap 3 Militêre Hospitaal te Bloemfontein 2 Mediese Bataljongroep 3 Mediese Bataljongroep 6 Mediese Bataljongroep 7 Mediese Bataljongroep
Sien ook Suid-Afrikaanse Leër Suid-Afrikaanse Lugmag Suid-Afrikaanse militêre dekorasies en medaljes Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Suid-Afrikaanse Vloot Suid-Afrikaanse Weermag
Eksterne skakels Inligting oor die SAGD
Kategorie:Suid-Afrikaanse Weermag