Die Suid-Afrikaanse Lugmag is die lugkomponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en van sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag. Die lugmag staan amptelik bekend as die South African Air Force (SAAF) met sy hoofkwartier in Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Lugmag is op 1 Februarie 1920 gestig.

Die lugmag het in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse oorlog diens gedoen. Vanaf 1966 was die lugmag betrokke by die verskaffing van infanterie-ondersteuning in 'n oorlog met 'n lae intensiteit ("die Grensoorlog") in Angola, Suidwes-Afrika (Namibië) en Rhodesië. Namate die oorlog gevorder het, het die intensiteit van lugoperasies toegeneem totdat die lugmag in die laat tagtigerjare verplig was om vegvliegtuie teen Angolese vliegtuie in te span om taktiese meerderwaardigheid in die lug te handhaaf. Na afloop van die Grensoorlog in 1990 is die getalle van die vliegtuie drasties verminder as gevolg van finansiële druk en die staking van vyandelikhede in buurstate.

Die SALM het deesdae 'n beperkte luggevegsvermoë en is gestruktureer vir vredesbewaring, ramphulp en maritieme patrollie. Gedurende die apartheidsera was dit bekend onder die Afrikaanse naam Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM en tussen 1915 en 1920 bekend as die Suid-Afrikaanse Lugvaartkorps -SALK), 'n afkorting wat nie meer algemeen gebruik word nie. Die Suid-Afrikaanse Lugmag se Latynse leuse is Per aspera ad astra ("deur ontberings na die sterre").

Geskiedenis Eerste Wêreldoorlog Ná ’n besoek om die militêre maneuvers van 1912 in Europa waar te neem, het brig. Genl. Christiaan Frederik Beyers, destyds kommandant-generaal van die Weermag, 'n uiters positiewe verslag oor die toekomstige gebruik van vliegtuie vir militêre doeleindes aan generaal Jan Smuts gelewer. Smuts het 'n reëling met private vlieërs in die Kaap begin en 'n vliegskool by Alexandersfontein naby Kimberley, bekend as die Paterson Aviation Syndicate School, gestig om vlieëniers vir die voorgestelde Suid-Afrikaanse Lugvaartkorps (SALK) op te lei. Vliegopleiding het in 1913 begin, en studente wat uitgeblink het op die kursus is na die Central Flying School by Upavon in Groot-Brittanje gestuur vir verdere opleiding. Die eerste Suid-Afrikaanse militêre vlieënier het op 2 Junie 1914 gekwalifiseer.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het die Unieverdedigingsmag die dringende behoefte aan lugsteun besef wat die stigting van die SALK op 29 Januarie 1915 teweeg gebring het. Vliegtuie is van Frankryk aangekoop (Henri Farman F-27) terwyl die bou van 'n vliegveld by Walvisbaai in alle erns begin is om operasies teen Duitse magte in Duits-Suidwes-Afrika te ondersteun. Teen Junie 1915 is die SALK na sy eerste operasionele vliegveld by Karibib in Suidwes-Afrika ontplooi ter ondersteuning van genl. Botha se Suid-Afrikaanse grondmagte. Die SALK het verkennings- en pamfletstrooi-sendings vanaf Karibib en later vanaf Omaruru gevlieg. Daar is geïmproviseerde bombarderingsendings bygevoeg toe vlieëniers begin het om handgranate en eenvoudige bomme met die hand te laat val.L'Ange (1991), bl. 273. Op 9 Julie 1915 het die Duitse magte gekapituleer en die meeste van die vlieëniers en vliegtuie van die SALK is na Brittanje gestuur ter ondersteuning van die Imperiale oorlogspoging.

Alhoewel die SALK aktief gebly het, was aktiwiteite beperk tot grondopleiding by die Kaapstadse Drill Hall. Die vlieëniers wat na die Royal Flying Corps (RFC) uitgeplaas is, is gegroepeer om No. 26 Eskader RFC te vorm en later, op 8 Oktober 1915, 'n onafhanklike eskader te vorm. No. 26 Eskader was toegerus met Henri Farman F-27's en B.E.2c's en is na Kenia gestuur ter ondersteuning van die oorlogspoging in Duits-Oos-Afrika. Hulle het op 31 Januarie 1916 in Mombasa geland.Becker (1991), bl. 15. Die eskader het regdeur die veldtog, tot Februarie 1918, verkennings- en waarnemersendings gevliegBecker (1991), bl. 17. toe die eskader via Kaapstad na die VK teruggekeer het en op 8 Julie 1918 by Blandford-kamp aangekom het en dieselfde dag ontbind is. Terwyl die SALK in Duits-Suidwes-Afrika en 26 Eskader RFC in Oos-Afrika betrokke was, het baie Suid-Afrikaners na die Verenigde Koninkryk gereis om by die RFC aan te sluit.Becker (1991), bl. 19. Die aantal Suid-Afrikaners in die RFC het uiteindelik ongeveer 3 000 man bereik en 260 sterftes in aktiewe diens oor die Somme tydens die oorlog gely. Ses-en-veertig vlieëniers het bobaasvlieëniers geword.

Stigting en die tussenoorlogse tydperk links|duimnael|de Havilland/Airco DH.9: 49 van hierdie vliegtuie is aan Suid-Afrika geskenk as deel van die “Imperiale Geskenk”. Na afloop van die Eerste Wêreldoorlog het die Britse regering oortollige vliegtuie plus onderdele en voldoende toerusting geskenk om die kern van 'n jong lugmag aan elk van sy Dominiums te voorsien. As deel van hierdie skenking, wat as die “Imperiale Geskenk” bekend sou word,Becker (1991), bl. 25. het Suid-Afrika 'n totaal van 113 vliegtuie van beide die Britse regering (100 vliegtuie) sowel as van ander bronne (13 vliegtuie) ontvang.30x Avro 504K's; 22x Royal Aircraft Factory S.E.5a's; 49x De Havilland DH.9's (waarvan een deur die stad Birmingham geskenk is); 10x De Havilland DH.4's (geskenk deur die Royal Over-Seas League); 2x Royal Aircraft Factory B.E.2e's (geskenk deur maj. Miller Tour)

Op 1 Februarie 1920 is kolonel Pierre van Ryneveld aangestel as die Direkteur Lugdiens met die taak om 'n lugmag te stig, die datum word gebruik om die stigting van die Suid-Afrikaanse Lugmag te merk. In Desember 1920 is die Suid-Afrikaanse Nasionale kenteken vir die eerste keer by vliegtuie gevoeg. 'n Oranje, groen, rooi en blou rondel is vir proefdoeleindes aan 'n Avro 504K gevoeg, maar die kleure is onvanpas gevind en is in Desember 1921 vervang met 'n groen, rooi, suurlemoen, geel en blou rondel. Hierdie kleure het gebly tot 1927 toe hulle vervang is met die oranje, wit en blou rondels.Becker (1991), p. 29.

Die eerste operasionele ontplooiing van die nuutgestigte Lugmag was om interne onenigheid te onderdruk, toe 'n mynwerkerstaking op die Johannesburgse goudmyne in 1922 gewelddadig geword het en gelei het tot die afkondiging van krygswet. 1 Eskader is opgeroep om verkenningsendings te vlieg en die stakers se stellings te bombardeer. Sendings ter ondersteuning van die polisie het tussen 10 en 15 Maart 127 vliegure beloop en hierdie ongunstige begin vir die SALM het gelei tot twee vlieënierverliese, twee gewondes en twee vliegtuie wat weens grondvuur verloor is. Die SALM is weer tussen 29 Mei en 3 Julie 1922 ontplooi om die Bondelswart-opstand by Kalkfontein te onderdruk.Becker (1991), p. 33.

Tweede Wêreldoorlog duimnael|'n Hawker Hart, een van die vroegste bomwerpers vir Suid-Afrika. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Suid-Afrika geen vlootvaartuie gehad nie en die Unie Verdedigingsmag se eerste prioriteit was om die veiligheid van die Suid-Afrikaanse kuswaters sowel as die strategies belangrike Kaapse seeroete te verseker. Vir maritieme patrollie-operasies het die SALM al 29 passasiersvliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens oorgeneem: 18 Junkers Ju 86Z-ls vir maritieme patrollies en elf Junkers Ju 52s vir vervoerdoeleindes. SALM se maritieme patrollies het op 21 September 1939 begin met die stigting van 16 Eskader wat drie JU-86Z's vanaf Walvisbaai gevlieg het. Later is die maritieme patrollies uitgevoer deur 6, 10, 22, 23, 25, 27 en 29 Eskaders.Martin, H.J. (Lt-Gen); Orpen, N.D. (1979). South Africa at War: Military and Industrial Organisation and Operations in connection with the conduct of War: 1939–1945 (South African Forces World War II: Volume VII). Cape Town: Purnell. bl. 275. .

Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Augustus 1945 het SALM-vliegtuie (in samewerking met Britse en Nederlandse vliegtuie wat in Suid-Afrika gestasioneer was) 17 vyandelike skepe onderskep, gehelp met die redding van 437 oorlewendes van gekelderde skepe, 26 van die 36 vyandelike duikbote aangeval, wat om die Suid-Afrikaanse kus geopereer het, en 15 000 kuspatrollietogte gevlieg.

Oos-Afrika In Desember 1939 het die hertog van Aosta 'n verslag aan Mussolini gestuur waarin die toestand van chroniese onvoorbereidheid van die geallieerde magte in Oos-Afrika op rekord geplaas is. Die ineenstorting van Frankryk in 1940 het Mussolini aangespoor om by die oorlog aan die kant van die Spilmoondhede aan te sluit en gevolglik is lugmagelemente na voorwaartse posisies in die besette Ethiopië verskuif om lugaanvalle op Geallieerde magte moontlik te maak voordat hulle weer versterk kon word.Becker (1991), bl. 67. Hierdie ontplooiings het Geallieerde optrede aangespoor en op 13 Mei 1940 is 1 Eskader-vlieëniers na Kaïro gestuur om 18 Gloster Gladiators te beman en om hulle suidwaarts na Kenia te vlieg vir operasies in Oos-Afrika. 11 Eskader, toegerus met Hawker Hartebeeste, het op 19 Mei 1940 na Nairobi gevolg en is op 22 Mei 1940 deur die Junkers Ju 86's van 12 Eskader versterk.

Die Koninkryk van Italië het op 10 Junie 1940 oorlog verklaar en op die volgende dag het die Ju 86's van 12 Eskader die eerste lugaanval deur die SALM in die Tweede Wêreldoorlog gelei. Tydens die veldtog was talle SALM-vliegtuie in luggevegte met die Italiaanse Regia Aeronautica betrokke en het lugsteun aan Suid-Afrikaanse en Geallieerde magte in die grondoorlog gebied. Teen Desember 1940 was tien SALM-eskaders plus 34 vlugte, met 'n totaal van 94 vliegtuie, in Oos-Afrika operasioneel (1 eskader, 2 eskader, 3 eskader, 11 eskader, 12 eskader, 14 eskader, 40 eskader, 41 eskader, 50 eskader en 60 eskader).Becker (1991), bl. 71. Tydens hierdie veldtog het die SALM 'n Beslote Ondersteuningsvlug van vier Gladiators en vier Hartebeeste gevorm, met 'n outonome lugmagbevelvoerder wat saam met die landmagte werk. Dit was die voorloper van die Desert Air Force/Tactical Air Force "cab-rank"-tegniek wat gedurende 1943–1945 op groot skaal vir nabye lugsteun gebruik is. Die laaste luggeveg het op 29 Oktober plaasgevind en die Italiaanse magte het op 27 November 1941 oorgegee. 'n Verminderde SALM-teenwoordigheid is in Oos-Afrika gehandhaaf vir kuspatrollies tot Mei 1943.Becker (1991), p. 75.

Westelike Woestyn en Noord-Afrika duimnael|Lt. Robin Pare (links), eskaderbevelvoerder majoor John "Jack" Frost (middel), wat die hoogste afskiet syfertelling in die SALM tydens die Tweede Wêreldoorlog behaal het, en kapt. Andrew Duncan (regs) van 5 Eskader SALM Maart/April 1942. SALM-vegvliegtuie-, bomwerpers- en verkenningseskaders het 'n sleutelrol gespeel in die Westelike Woestyn en Noord-Afrikaanse veldtogte van 1941 tot 1943. Een besonderse prestasie was die Boston-bomwerpers van 12 en 24 Eskadrons wat honderde ton bomme op Spilmoondhede-magte laat val het wat die Agtste Leër ondersteun het tydens die "Gazala-galop" in die middel van 1942. SALM-bomwerpers het voortdurend terugtrekkende magte na die Tunisiese grens geteister na die Tweede Slag van El Alamein; die Suid-Afrikaanse vegters van No. 223 Vleuel RAF het die Woestyn Lugmag gehelp om lugoorheersing bo Spilmoonthede-lugmagte te verkry. Tussen April 1941 en Mei 1943 het die elf SALM-eskaders 33 991 vlugte gevlieg en 342 vyandelike vliegtuie vernietig. links|duimnael|Supermarine Spitfire-vlieëniers van 40 Eskader, Suid-Afrikaanse Lugmag, by Gabes in Tunisië, April 1943 Toestande was egter nie ideaal nie en vlieëniers en bemanning moes soms onder kritieke toestande werk. Vlieëniers is gereeld huis toe gestuur na die Unie nadat hulle ondervinding opgedoen het en het vir baie maande nie teruggekeer nie, waarna toestande in die woestyn aansienlik verander het en daar van hulle verwag is om ervaring op verskillende vliegtuie, verskillende taktieke en operasies van verskillende basisse op te doen. Daar was gevalle waar ervare vegvlieëniers as bomwerpervlieëniers na die Westelike Woestyn teruggestuur is vir hul tweede toer – wat die gebrek aan kontinuïteit en ervaring vererger het. Die Suid-Afrikaners het egter die respek van hul Duitse teëstanders afgedwing.Shores (1969), p. 233.