, met die bynaam Farout, is ’n verafgeleë trans-Neptunus-voorwerp. Op ’n afstand van ~ (meer as drie keer dié van Pluto van die Son af en byna twee keer die gemiddelde afstand van Eris), is dit tans (Desember 2018) die verste voorwerp in die Sonnestelsel wat nog waargeneem is (die vorige verste voorwerp was Eris). Dit is sover bekend die enigste voorwerp verder as van die Son af, vandaar die bynaam. is 'n klein, ronde voorwerp met 'n pienkerige kleur. ’n Wentelbaan om die Son duur waarskynlik sowat 1 000 jaar.IFL Science!Meet “Farout”, The Solar System's Most Distant Object Yet
Dit is egter nie naastenby die voorwerp met die grootste gemiddelde wentelbaan nie, want sy semihoofas is na raming sowat 95,2 AE (in vergelyking hiermee is die semihoofas van sowat 1 550 AE). Scott S. Sheppard, David Tholen en Chad Trujillo het ontdek terwyl hulle op soek was na die hipotetiese Planeet Nege.
Eienskappe se deursnee is na raming sowat 500 km en dit is dus moontlik ’n dwergplaneet. Dit het ’n pienkerige kleur, wat dui op ’n hoë konsentrasie toliene op oppervlak-ys.
duimnael|250px|links|Sy wentelbaan in vergelyking met dié van Eris en ander TNV's. Naam Vanweë die onsekerheid oor sy wentelbaan is die voorwerp nie genommer nie. Die Internasionale Astronomiese Unie se Kleinplaneetsentrum het dit die voorlopige naam gegee. Die mense wat by die aanvanklike ontdekking betrokke was, het dit die bynaam "Farout" gegee.
Wentelbaan Volgens die Kleinplaneetsentrum is se huidige wentelbaan 125 tot 130 AE, maar die spesifieke besonderhede van die baan is nog nie vasgestel nie. Die JPL se kleinliggaamdatabasis beskou die onsekerheid oor sy wentelbaan tans as groter as 100%. Dit kan verskeie jare van waarneming kos om die eienskappe van sy wentelbaan behoorlik vas te stel vanweë die stadige spoed van die voorwerp.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Trans-Neptunus-voorwerpe Kategorie:Moontlike dwergplanete