Met 'n betaalmuur (Engels: paywall) word digitale toegang tot inligting, nadat 'n eenmalige of gestruktureerde (met 'n inskrywing) betaling gemaak is, verkry. Dikwels verkry mens 'n ekstrak, voorbeeld, of inleiding van 'n artikel (inligting), maar moet daar 'n betaling gemaak word alvorens die volledige artikel of dokument gelees kan word.

Baie joernalistieke en rubriekgedrewe- media asook wetenskaplike tydskrifte word by wyse van dié model berdyf ten einde seker te maak dat lesers betaal vir die redaksionele uitset. Die aanlynweergawes van o.a. die NRC Handelsblad, de Volkskrant en Trouw koerante maak gebruik van betaalmure. Alternatiewe sakemodelle om inkomste te versamel, sluit reklame en skenkings in.

Verwysings

Sien ook Vrye toegang

Notas

Kategorie:Bemarking Kategorie:E-handel