’n Leptongetal (histories ook leptonlading genoem) is in deeltjiefisika ’n kwantumgetal wat behoue bly en die verskil verteenwoordig tussen die getal leptone en die getal antileptone in ’n reaksie van elementêre deeltjies. ; Dit is dus die getal leptone minus die getal antileptone. Wiskundig kan die leptongetal uitgedruk word as , waar die getal leptone is en die getal antileptone.

Die ses leptone is die elektron, muon en tau asook hul neutrino's: die elektronneutrino, muonneutrino en tauneutrino. Dié ses deeltjies het elkeen ’n antideeltjie, wat ’n teenoorgestelde elektriese lading het.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Deeltjiefisika