Omsingel die laer van die heiliges (fr. 1973: Le Camp des saints) is ‘n apokaliptiese roman deur die Franse skrywer Jean Raspail. Daarin word ‘n Europa uitgebeeld wat toegesak word deur ‘n mensemassa uit die Derde Wêreld. Die boek word dikwels beskou as die literêre vooruitloop van die Europese vlugtelingkrisis (sedert 2015) en die moontlike uiteenlopende katastrofiese gevolge daarvan. Die titel verwys na Openbaring 20:9. Die Afrikaanse vertaling deur Naomi Morgan verskyn in Mei 1990.
Intrige Terugskouend beskryf ‘n naamlose ek-verteller hoe miljoene Indiërs Frankryk op een slag bereik het, asook die Franse en Wêreldgemeenskap se reaksie daarop.
Dit neem sy aanvang toe die Belgiese Konsulaat in Indië aangekondig het geen Indiese kind sal voortaan deur Europese gesinne aangeneem word nie (waarvoor heelwat van die armste gesinne geld uit Europa ontvang het as onderhoudsgeld): Oorspronklike FransAfrikaanse vertaling (1990, pp. 30-31)Par décret royal du tant au tant, le gouvernement belge a décidé de mettre fin à toutes les procédures d’adoption actuellement en cours, et cela pour une période non déterminée. Aucune nouvelle demande d’adoption ne sera plus désormais acceptée. De même, aucun visa d’entrée en Belgique ne sera délivré aux enfants en instance de départ, même s’ils ont été légalement adoptés antérieurement à la date du présent décret.Ingevolge die koninklike bevel van dié en dié datum, het die Belgiese regering besluit om, tot verdere kennisgewing, ‘n einde te maak aan al die aannemingsprosedures wat tans in proses is. Geen nuwe versoeke om aanneming sal voortaan aanvaar word nie. Insgelyks sal geen Belgiese visums uitgereik word aan die kinders wat gereed gemaak word vir vertrek nie, selfs in gevalle waar ‘n wettige aanneming die datum van die huidige bevel voorafgaan. Vervolgens bars ‘n stormloop los na die skepe in die Indiese hawens. ‘n Vloot van 100 skepe, stampvol van die armstes van die armstes, stuur onder leiding van ‘n gebreklike kind uit die onderste kaste in die rigting van die Weste – na die nuwe beloofde paradys.
Die intrige word oorvertel uit die oogpunt van die joernaliste van sowel progressiewe as behoudende koerante, politici, militêre amptenare, kerklikes, asook deur enkele middelklasburgers, immigranteverteenwoordigers, vakbondleiers, Hippies en nieregeringsorganisasies.
In Frankryk en dwarsoor die wêreld verloop die debatte oor die gevolge van die vloot in drie fases: die swerftog van die “Laaste Kans”-armada, die vloot skepe in aantog na Europa, en die uiteindelike stranding op die Franse Riviera.
Swerftog van die “Laaste Kans”-armada Onderwyl die vloot op die oseaan ronddobber, word openbare en geheime politieke gesprekke druk oor die aangeleentheid gevoer. Veral wat dit vir die Weste inhou. Politieke komitees word in Frankryk en die res van die wêreld saamgeroep met een doel voor oë: om die [staatlose] vloot (eers) op die see te hou en daar te versorg. Maar die Kerke en die Hippie-kultuur is voor in die koor om op die Weste se barmhartigheidsnare te tokkel.
So was daar die een pous (Paulus VI) in die verhaal wat die Vatikaan se kaste leeggemaak het om, onder groot gejuig van die Christene, geld te bekom vir die armes. Alles is verkoop: die biblioteke, die skatte, die skilderye, fresko’s, tafels, die tiaras, die meubels en die standbeelde. Die Pous het alles bewillig, maar kon daarmee nie eens die plattelandse begroting van Pakistan vir een jaar dek nie. Toe die Derde Wêreld eers hierdie rykdom sien, het hulle hom daarvoor verwyt en so het hy ook sy geloofwaardigheid onder hulle verloor. Hy is op ‘n ysterbed in sy leë kamers dood. Op sy aandrang is die paleis tot die mure toe kaalgestroop, tot groot spyt van sy opvolger, Benediktus XVI: Oorspronklike FransAfrikaanse vertaling (1990, p. 25)Les objets façonnent l’homme mieux que jeu des idées, c’est pourquoi l’Occident en était venu à se mépriser […]Die mens word deur sy besittings gevorm, baie meer as deur die spel van idees; dit is waarom die Weste sy selfrespek verloor het […] Benediktus XVI het egter ook op sy manier die harte en beursies laat bloei: Oorspronklike FransAfrikaanse vertaling (1990, p. 162)Probablement volait-il à la vitesse supersonique des symboles. Pour l’équiper, le pape Benoît XVI se dépouillait de tous ses biens et des dernières apparences du luxe pontifical. Mais comme il survivait encore à travers le monde, surtout dans les paroisses les plus humbles et les plus arriérées, trop de catholiques bornés et superstitieux, incapables d’imaginer un pape pauvre sans apparat, les dons affluaient aussitôt. Avec une régularité navrante, on le refaisait riche. Il voulait rester pauvre. Heureusement que l’avion blanc était là pour le tirer d’embarras!Dit [die vliegtuig] moes vinniger as klank gevlieg het, ongetwyfeld teen die spoed van simbole. Om dit uit te rus, het pous Benediktus XVI, wat deur die grille van sy voorganger verarm is, sy tiara en Cadillac verkoop. Maar omdat daar nog in die wêreld, veral in die nederigste, agterlikste parogieë van Korsika, Bretagne, Ierland, Louisiana, Galicië of Kalabrië, te veel eenvoudige bygelowige katolieke was wat hulself nie ‘n pous sonder tiara of ‘n spoggerige motor kon voorstel nie, het die geld dadelik ingestroom. Die pous het kop gegee vir hierdie arme goeie siele en het met ‘n seer hart sy tiara en motor teruggekoop, maar dit gou weer met blydskap verkoop – nederige heilige wat hy was – en wanneer die openbare mening of omstandighede geroep het met die wit vliegtuig opgedaag. Helaas, hulle het aangehou om hom ryk te maak. Hy wou so graag arm bly. Gelukkig was die wit vliegtuig daar om hom uit die verleentheid te red! Toenemend begin die openbare debat ook draai rondom hierdie “gewetensvraagstukke”, en “armoedeverligting”, sodat ‘n “verwelkomingskultuur” geskep word – maar ook maar net solank die aankoms van die vloot bloot ‘n teoretiese opsie daar in die verte bly. Die politici bly maar wag in die hoop dat die vloot elders sal vasmeer – of deur ‘n storm gekelder word.
Toe die vloot uit die Ganges vertrek het, het die Australiërs lont begin ruik toe presies dieselfde roete gevolg word wat die Japannese gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Stille Oseaan gevolg het voor hulle betyds in die Straat van Timor gestuit is. Daarom het Australië by voorbaat in ‘n verklaring heel terloops genoem die Wet op Immigrasie sal nie herroep word nie. Dit het gou aan die lig gekom en is soos ‘n “rassistiese geloofsbelydenis” aan die groot klok gehang. Gevolglik is die Australiese Ambassades in Londen, Parys, Washington, Rome en Den Haag almal vreedsaam beset.
Gou was die Australiese regering se Wet op Immigrasie vergete, want die vloot het die Straat van Sri Lanka binnegevaar en later die Golf van Aden bereik. Die blote idee van ‘n miljoen verarmde emigrante wat in die Suezkanaal kon vasval as gevolg van ‘n navigasiefout of ingryping deur Westerse magte, het die Egiptiese admiraal genoop om die voorste India Star (en gevolg) in sy spore te laat omdraai. Die skepe beweeg nou suidwaarts, Kaap toe.
Suid-Afrika was nou die laaste buffer oor wat nog as “aflaaipunt” kon dien vir hierdie hordes vlugtelinge: Oorspronklike FransAfrikaanse vertaling (1990, p. 148-149)Suivaient des considerations laudatives et doucereuses sur la surface de l’Afrique du Sud, presque le triple de la France, sa faible population, le tiers de celle de la France, son climat prédestiné, son haut niveau technique et économique, ses fabuleuses richesses inexploitées... Dans ces conditions, pour quoi demander à la vieille Europe si lointaine ce qu’elle n’était même pas certaine d’offrir aux émigrants du Gange, malgré sa bonne volonté, en raison de difficultés surmontables, maïs néanmoins réelles d’ordre climatique et démographique?'n Ronde soetsappige vleitaal het oor Suid-Afrika se voordele gevolg: die oppervlakte van die land, byna driemaal dié van Frankryk; die klein bevolking, 'n derde van Frankryk s'n; 'n nommerpas klimaat; 'n hoë tegniese en ekonomiese standaard; die fantastiese, onontginde rykdomme... As dit die geval was, waarom moes die verre, ou Europa gevra word om die armada te hulp te snel, terwyl sekere basiese klimaats- en demografiese probleme – wat nie oorbrugbaar was nie, maar nogtans wesenlik – haar ondanks haar beste bedoelings, kon verhoed om voldoende hulp te verleen? Europa kon, as dit daarop aankom, Suid-Afrika selfs finansier: Oorspronklike FransAfrikaanse vertaling (1990, p. 149)Venaient aussi des chiffres, bilans, statistiques, plans en tout genre: les ordinateurs répondent à n’importe quoi. Le financement? Pas de problème. L’Europe se cotiserait. On enverrait argent, machines, techniciens, animateurs, médecins, instituteurs, tout ce que les Sud-Africains jugeraient nécessaire! (Saluons les premiers symptômes de la panique : d’accord sur tout! mais pas chez nous! surtout pas chez nous! Mais la panique n’est pas la peur salutaire. La panique liquéfie, annihile : nous le verrons.)Toe kom die vloed syfers, balansstate, statistiek, planne van alle soorte: rekenaars antwoord op enige vraag wat aan hulle gestel word. Finansiering? Geen probleem nie. Europa sou die rekening betaal. Ons sou vir hulle masjiene stuur, tegnici, ondernemers, dokters, onderwysers, enigiets wat die Suid-Afrikaners gedink het hulle nodig het. (Let wel: die eerste tekens van paniek. Vra net wat julle wil hê, hou hulle net weg! Weg van ons af! Maar paniek is nie dieselfde as daardie gesonde vrees nie. Paniek maak ‘n mens pap, vernietig jou soos ons nog sal sien.) Maar die hoofstroommedia het vuur gespoeg: Oorspronklike FransAfrikaanse vertaling (1990, p. 149)Apartheid! Nègres en carte! Dictature de race! Honte de l’humanité! La panoplie verbale y passa tout entière. Avec l’Afrique du Sud, bouc émissaire inusable, providence des belles consciences, il y a longtemps que plus personne ne prenait de gants.Apartheid! Rassistiese diktatuur! Die skande van die menslike ras! Die hele verbale spervuur. Die wêreld het Suid-Afrika, daardie sondebok met onbeperkte moontlikhede, daardie gerieflike teiken vir die selfbehaaglike gewete, lankal nie meer met handskoene aangepak nie. Die Afrikanerregering het hom egter nie meer so erg aan die buiteland gesteur nie: Oorspronklike FransAfrikaanse vertaling (1990, p. 150)Assiégés dans leur patrie légitime, ayant rejeté Commonwealth et métropole, tous les ponts coupés derrière eux, l’État-tampon de Rhodésie ayant disparu dans le sang, le poids de l’Afrique pesant à leurs frontières et le poids du mépris du monde aux frontières de leurs consciences, minés de l’intérieur par des armées de pasteurs, de prêtres, de chanteurs et d’écrivains, les Afrikanders ne prenaient plus de gants non plus. Alors que le XXe siècle s’achevait dans la haine inexpiable de l’hégémonie blanche, ils s’obstinaient à proférer des horreurs. Ils le faisaient exprès. Ils y prenaient plaisir. Puisqu’on les abreuvait d’insultes, autant que cela vaille la peine! Une autre planète, décidément!Die Afrikaners, beleër in hul regmatige vaderland, het hul rug op die Commonwealth en op Brittanje gekeer en al hul brûe agter hulle verbrand. Siende dat die bufferstaat, Rhodesië, onder swart regering verdwyn het, het die gewig van Afrika teen hul hekke gedruk en die gewig van wêreldminagting op hul gewete. Van binne af ondermyn deur leërs predikante, pastore, priesters, sangers en skrywers, het die Afrikaners ook nie meer sagkens gewerk nie. Soos die twintigste eeu in 'n onophoudelike haat van wit heerskappy ten einde geloop het, het hulle hardkoppig voortgegaan om die een afskuwelikheid na die ander te uiter. En hulle het dit met opset gedoen. Hulle het dit blykbaar geniet. Siende dat almal hulle met beledigings oorlaai het, kon hulle dit net sowel verdien! Dit was ongetwyfeld 'n ander planeet! Die Suid-Afrikaanse president aan die woord sê prontuit aan die wêreld se joernaliste: