Kepler-444 is ’n ster wat sowat 11,2 miljard jaar oud is (meer as 80% van die heelal se ouderdom). Dit is sowat 116 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Lier geleë. Die Kepler-ruimteteleskoop het op 27 Januarie 2015 die bestaan van vyf rotsagtige eksoplanete kleiner as die Aarde in ’n wentelbaan om die ster bevestig. Volgens Nasa kan geen lewe soos ons dit ken op hierdie warm planete voorkom nie weens hul nabyheid aan Kepler-444.
Die ster is ook onder verskeie ander name bekend, soos KOI-3158, KIC 6278762 en 2MASS J19190052+4138043.
Ster se eienskappe Kepler-444 is sowat 11,2 miljard jaar oud, in teenstelling met die Son se 4,6 miljard jaar. Die ouderdom van die ster, ’n K0-tipe hoofreeksster, is meer as 80% van dié van die heelal.
Dit is deel van ’n stelsel wat ook twee M-tipe sterre bevat. Die M-sterre wentel op ’n afstand van minder as 0,3 AE om mekaar, terwyl hulle saam in ’n hoogs eksentrieke 198-jaar-wentelbaan om die hoofster beweeg.
Planeetstelsel Voorlopige resultate van die planeetstelsel om Kepler-444 is die eerste keer in 2013 aangekondig toe die ster nog bekend was as KOI-3158.
Al vyf rotsplanete (b tot f) is intussen bevestig. Hulle is kleiner as Venus, maar groter as Mercurius, en voltooi ’n wentelbaan om die hoofster in minder as 10 dae. Selfs die verste ster, f, se wentelbaan is kleiner as Mercurius s’n om die Son.
Verwysings
Eksterne skakels NASA – Kepler-444/KOI-3158 by die NASA Exoplanet Archive 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Kepler-voorwerpe Kategorie:Lier (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:K-tipe hoofreekssterre