duimnael|Vrydaggebed by 'n universiteit in Maleisië duimnael|Vrydaggebed in die Baitul Mukarram Nasionale Moskee in Bangladesj duimnael|Vrydaggebed (Teheran, 2016), Ajatolla Jannati lei die Vrydaggebed as imam duimnael|Vrydaggebed in Pristina duimnael|Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme in 1865 duimnael|Europese tale waarin die plaaslike woord vir die Vrydag van die Arabiese woord Byeenkoms afgelei is in pers
Vrydaggebed (Arabies: صلاة الجمعة, ṣalāt al-jumu‘ah; letterlik: "gebed op die dag van byeenkoms", d.w.s. Vrydag), ook Juma-Aat of Jum-Ah genoem, is 'n gebed (salaah) wat Moslems elke Vrydag in die moskee hou in plaas van die gewone middaggebed. Moslems bid gewoonlik vyf keer per dag volgens die son se hemelpad, ongeag tydsones. Dit word voorgeskryf vir seuns vanaf puberteit en Moslemmans, en word ook vir Moslemvroue aanbeveel. Die woorde en bewegings van die Vrydaggebed word deur 'n imam voorgedra om dit sinchroon te hou.
Etimologie Die term al-jumu‘ah is afgelei van die werkwoord ijta'ama, wat na die "byeenkoms van mense" verwys." "Hussain, Musharraf" The five pillars of Islam: Laying the foundations of divine love and service to humanity. Kube Publishing Ltd, 10 Oktober 2012
Betekenis Die Vrydaggebed is 'n godsdienstige verpligting wat Vrydae die plek van die daaglikse middaggebed (thoer; Arabies: ṣalāt aẓ-ẓuhr) inneem. Dit is een van die mees verhewe Islamitiese rituele en een van 'n Moslem se verpligte dade.
Naamvariante Streek/land Taal Plaaslike naam Arabiese wêreld Arabies صلاة الجمعة (Ṣalāh al-Jumu'ah) Iran, Afghanistan Persies نماز جمعه (Namaz Jumah) Noord-Indië, Oos-Indië, Pakistan Oerdoe نماز جمعہ (Namaz e Jumma) Bangladesj, Wes-Bengale, Noordoos-Indië Bengaals জুম'আ, জুম্মা (Jum'aa, jumma) Turkye Turks Cuma namazı Azerbeidjan Azerbeidjans Cümə namazı Balkan Serwo-Kroaties, Bosnies Džuma-namaz Balkan Albanees Namazi i Xhumasë Pole Pools Dżummuah Spanje, Latyns-Amerika Spaans Yumu'ah Somalië, Djiboeti Somalies Salaadda Jimce Suidoos-Asië Indonesies, Maleis Salat jumat, Solat jumaat Java Javaans Jemuwahan Oesbekistan Oesbekies Juma namozi, Жума намози Suid-Rusland Russies Джума-намаз Koerdistan Koerdies نوێژی ھەینی Anatolië Koerdies Nimiya Îniyê, نمیا ئینیێ Xinjiang, Volksrepubliek China Oeigoers, Chinees جۈمە نامىزى, 主麻
Sien ook Lys van Islamitiese feeste en herdenkings Kerkbywoning Sabbat
Verwysings
Verdere leesstof S.D. Goitein: "The Origin and Nature of the Muslim Friday Worship" in Muslim World 49 (1959), bl. 183–195. Miriam Younes: Diskussionen schiitischer Gelehrter über juristische Grundlagen von Legalität in der frühen Safawidenzeit: das Beispiel der Abhandlungen über das Freitagsgebet. Würzburg 2010. Hans Zirker: "Tag der Versammlung. Der islamische Freitag im Kontext von Sabbat und Sonntag." In religionen unterwegs, Zeitschrift der Kontaktstelle für Weltreligionen in Österreich 13, 2007, Nr. 2, bl. 10–17. Online bei der Universität Duisburg-Essen
Eksterne skakels
Kategorie:Islamitiese feeste en herdenkings