K2-72 (ook EPIC 206209135 genoem) is ’n koel rooidwerg sowat 227 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Waterdraer. Dit het sover bekend vier planete, wat almal min of meer so groot soos die Aarde is. Een kom in die ster se bewoonbare sone voor.
Ster se eienskappe Die naam K2-72 is afgelei van die feit dat dit die 72ste ster is waarvan die planete deur die K2-sending ontdek is met behulp van die oorgangsmetode.
K2-72 is ’n M-tipe ster wat ’n massa van sowat 27% en ’n radius van sowat 33% van die Son s’n het, volgens ’n ontleding deur Dressing et al. Volgens ’n studie deur Martinez et al. is dit groter, met ’n massa en radius van omtrent 36% van die Son s’n. Albei meen die ster se ligsterkte is tussen 0,013 en 0,015 van dié van die Son. Dit het ’n oppervlaktemperatuur van tussen 3 360 en 3 370 K, in vergelyking met die Son se 5 778 K. Sy ouderdom is onbekend.
Die ster is skynbare magnitude is 15,309. Dit is dus te dof om met die blote oog van die Aarde af te sien.
Planeetstelsel Die ster het sover bekend vier planete. Eers is geglo almal is kleiner as die Aarde, maar in 2017 het nuwe studies deur Martinez et al. en Courtney Dressing bevind K2-72 is aansienlik groter as wat aanvanklik gedink is en dat die planete groter as die Aarde is, hoewel hulle almal steeds vermoedelik aardplanete is. Net een, e, is sover bekend in die bewoonbare sone, hoewel c naby daaraan kan voorkom.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:M-tipe hoofreekssterre