Kepler-80 is ’n ster in die sterrebeeld Swaan met ses eksoplanete. Die ontdekking van vyf planete om die ster is in Oktober 2012 aangekondig. Die heel binneste planeet is in 2016 bevestig.http://www.nasa.gov/press-release/nasas-kepler-mission-announces-largest-collection-of-planets-ever-discovered
Planeetstelsel Die planete wentel baie naby om die ster; die halwe lengteas van die verste planeet is van die afstand tussen die Aarde en die Son. Die radialesnelheidsmetode kon weens die ster se dofheid nie gebruik word om die bestaan van planete te bevestig nie. Kepler-80b en c is aanvanklik met die oorgangsmetode bevestig. Twee van die ander drie kandidate is in Februarie 2014 bevestig.http://www.nasa.gov/sites/default/files/files/arXivValidationMultisII.pdf Die heel binneste planeet is in 2016 bevestig.
Baanresonansies Kepler-80d, e, b, c en g se wentelbane is in ’n resonansie van 4:6:9:12:18. Konjunksies van d en e, e en b, b en c, en c en g kom in relatiewe tussenposes van 2:3:6:6 voor in ’n patroon wat hom sowat elke 191 dae herhaal. Driedubbele konjunksies kom nie voor nie.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Kepler-voorwerpe Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:M-tipe hoofreekssterre