Tamil Suid-Afrikaners is Indiese Suid-Afrikaners van Tamilafkoms. Die meeste van die Indiese immigrante wat vanaf 1860 na Natal gekom het, was Tamils. Ná die verstryking van hul kontrak het die meeste van hierdie Indiërs na die stede verhuis en as 'n heeltemal stedelike bevolking gevestig geraak.
Aankoms in Suid-Afrika In 1833 het die Britse Parlement die Wet van Afskaffing deurgevoer, wat slawerny regoor die Britse Ryk verbied het. As gevolg hiervan het baie Afrika-slawe in die Natalkolonie besluit om hul voormalige meesters te verlaat. Die voormalige meesters het, a.g.v. 'n gebrek aan voldoende arbeid, die skeptiese Britse owerheid in Indië oortuig om 'n stelsel van ingeboekte arbeid in Natal te implementeer. Op 16 November 1860 het 342 mans, vroue en kinders met die S.S. Truro in Port Natal (deesdae Durban) aangekom.
Apartheid Apartheid het alle Indiërs as nie-stemgeregtigde nie-blankes vervreem. Veral Hindoeïsme is deur baie blankes as antiteties tot die Christendom beskou. Die toepassing van die apartheidstelsel het geleenthede vir verbetering beperk en die gedwonge verskuiwingsprogram het groot ontwrigting en sosiale swaarkry veroorsaak.
Integrasie Oor hul 150 jaar verblyf in Suid-Afrika het deelname in hul godsdiens en feeste waardevolle gevoelens van identiteit en solidariteit aangevuur, veral in die lig van die marginalisering en diskriminasie wat hulle onder die apartheidstelsel ervaar het. ’n Onlangse oplewing in belangstelling in inheemse Tamilfeeste is besig om ’n verskeidenheid van godsdienstige, sosiale en politieke belange te herstel. Die Tamil-gemeenskap in Suid-Afrika verwys gereeld na hul godsdiens as "Tamil" eerder as Hindoe, hoewel hierdie vervaging van die onderskeid tussen godsdiens en taal ook met ander Hindoe etniese groepe in Suid-Afrika voorkom.
Onderwys Daar word gesê dat Suid-Afrikaanse Tamils die mees geleerde groep ter wêreld is met ’n gemiddeld van 3,6 PhD's per 100 mense.
Feeste "Purataasi" is die Tamil-maand wat tussen middel-September tot middel-Oktober plaasvind. Dit is ’n tydperk wat aan die god Vishnu toegewy is. Die hele tydperk van Purataasi word met die onthouding van vleis-eet, seksuele plesier en bedwelmende middels eerbiedig. Die belangrikste gebed in elke Tamilhuis word op enige van die vier Saterdae gedurende hierdie tydperk gehou.
Die Tamil-gemeenskap in Suid-Afrika vier ook die Mariamman-fees in die Aadi-maand wat tussen middel-Julie en middel-Augustus plaasvind. Mieliemeel is ’n groot deel in die Mariamman-gebede en daarom word hierdie gebede gewoonlik deur die plaaslike bevolking as "Porridge Prayers" verwys.
Kavadi is nog ’n beroemde fees onder die Tamil-gemeenskap in Suid-Afrika. Die Melrose Sri Siva Subramaniar Alayam in Johannesburg wat in 1890 opgerig is, is die eerste staaltempel wat aan die god Murugan toegewy is. Tydens die Thai Poosam Kavady-fees besoek duisende aanhangers hierdie tempel.
Sien ook Thai Poosam Kavady-fees in Suid-Afrika Thai Pongal Tamil mense Indiese Suid-Afrikaners
Verwysings
Eksterne skakels Tamil Federation of KwaZulu-Natal Gandhi-Luthuli documentary center
Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika