HIP 41378 is ’n ster sowat 378 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kreef. Dit het ’n skynbare magnitude van 8,92. Hierdie F-tipe hoofreeksster het ’n massa van 1,15 sonmassas en ’n radius van 1,4 sonradiusse. Sy oppervlaktemperatuur is sowat 6 199 K.

Planeetstelsel HIP 41378 het sover bekend vyf planete, met groottes wat wissel van twee keer dié van Aarde tot die grootte van Jupiter; hulle strek tot sowat 1 AE van die ster af.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Kreef (sterrebeeld) Kategorie:F-tipe hoofreekssterre