Die Liebenbergsvlei is 'n sytak van die Wilgerivier wat in die Oos-Vrystaat in Suid-Afrika vloei. Die bolope van die rivier ontspring aan die noordhange van die Rooiberge in die omgewing van die Golden Gate-Hoogland. By die Saulspoortdam vorm die Asrivier 'n linkersytak, en net noord van Bethlehem vorm die Jordaanrivier weereens 'n linkersytak van die Liebenbergsvleirivier.

Waterprojekte Die Liebenbergsvlei is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek. Water word uit die Sterkfonteindam in die Nuwejaarspruit vrygelaat om via die Wilgerivier na die Vaaldam te vloei. Via die Asrivier ontvang dit ook water van die Lesotho-Hoogland-waterprojek.

Kanomaraton Die Liebensbergvlei-kanomaraton is 'n jaarlikse wedvaart van twee dae wat naby Reitz begin. Die eerste dagskof eindig 33 km stroomaf te Zorgvlietplaas, naby Tweeling. Die tweede skof begin te Bruinswickplaas noord van Tweeling en eindig in Frankfort.VKB Liebenbergsvlei canoe marathon , Route & Maps, 2019

Kyk ook Liebenbergstroom

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. South Africa Road Atlas. Mapstudio.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Vrystaat