Bevin Prince (gebore 23 September 1982) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Dark House (2009) en in die televisiereekse One Tree Hill (2003), House (2004), en Sublets (2016).

Persoonlike lewe Prince is in Mei 2016 met William Friend getroud in die Turks- en Caicoseilande. Friend is gebore en getoë in Engeland en het na die Verenigde State verhuis toe hy vyftien jaar oud was. As 'n gegradueerde aan die Southern Methodist University, het hy in 2015 uitvoerende hoof van Bisnow Media geword.

'n Tragedie tref Prince op 4 Julie 2022 toe haar man, Will, op 33-jarige ouderdom sterf, nadat hy deur weerlig getref is terwyl hy op 'n boot ter see was.

Filmografie Rolprente 2009: Dark House 2009: Redefining Love

Televisiereekse 2003: One Tree Hill 2004: House 2009: Floored and Lifted 2009: Five Minutes of Fame 2016: Sublets

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in die 1980's