Judy Pace (15 Junie 1942 - 11 Maart 2026) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente The Thomas Crown Affair (1968), Cotton Comes to Harlem (1970), en Frogs (1972), en in die televisiereeks The Young Lawyers (1969).

In 1972 was Pace met die akteur Don Mitchell getroud. Hulle het twee dogters gehad, waarvan een die aktrise Julia Pace Mitchell is. Judy se tweede man was die bofbalster Curt Flood.

Filmografie Rolprente 1968: The Thomas Crown Affair 1968: Three in the Attic 1970: Cotton Comes to Harlem 1970: Up in the Cellar 1972: Frogs 1972: Cool Breeze 1973: The Slams 2011: The Curious Case of Curt Flood

Televisiereekse 1969: The Young Lawyers 2017: Beauty and the Baller

Televisierolprente 1972: Oh, Nurse!

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 2026 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu