Mckenna Grace (gebore 25 Junie 2006) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Gifted (2017) en I, Tonya (2017), en in die televisiereeks Designated Survivor (2016).
Vroeë lewe Grace is op 25 Junie 2006 in Grapevine, Texas, gebore. Sy is die enigste kind van Ross Burge, 'n ortopediese chirurg, en Crystal Grace, 'n mediese verkoopsverteenwoordiger. As jong kind het sy in Dallas-Fort Worth gewoon. Sy het opleiding in cheerleading, gimnastiek, tapdans en ballet ontvang. Sy het in 2021 'n kollegekursus oor media-estetika gevolg, waarin sy herhaaldelik oor The Handmaid's Tale moes skryf sonder om haar eie werk in die program te noem.Grace, Mckenna (April 28, 2021). "The Handmaid's Tale's Mckenna Grace on Playing 14-Year-Old Cigarette-Smoking Wife Mrs. Esther Keyes". Elle (Interview). Interviewed by Madison Feller. Archived from the original on May 6, 2023. Retrieved June 28, 2023.
Filmografie Rolprente 2013: Goodbye World 2014: Suburban Gothic 2017: Gifted 2017: I, Tonya 2017: Amityville: The Awakening 2019: Captain Marvel 2019:Troop Zero
Televisiereekse 2012: Crash & Bernstein 2016: Designated Survivor 2016: KawaiiHappii 2018: The Haunting of Hill House
Televisierolprente 2013: Joe, Joe & Jane 2014: Clementine 2014: Love Is Relative 2018: The Bad Seed
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 2006 Kategorie:Lewende mense