Be'er Sheva (ook wel Beersheba en Beër Sjeva), Hebreeus: באר שבע , Arabies: بئر السبع , is 'n Israelse stad en die hoofstad van die Suidelike distrik met 'n bevolking van sowat 209 687 in 2020.

Die metropolitaanse gebied van Be'er Sheva is die vierde van Israel en het 'n bevolking van sowat 377 000 in 2017 gehad.

Die stad lê in die Negev-woestyn en word ook wel die 'hoofstad van die Negev' genoem.

Die nuwe Be'er Sheva is in 1900 gestig maar die ou stad het al in die tyd van die Ou Testament bestaan.

Be'er Sheva herberg die Ben-Gurion Universiteit van die Negev en is 'n sentrum van Israel se hoë-tegnologie nywerheid.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Israel