duimnael|Jamais Cascio in 2015 Jamais Cascio is 'n San Francisco–baaiarea gebaseerde skrywer en futuris.
Vroeë lewe en opvoeding Cascio het in 1988 aan die Universiteit van Kalifornië gegradueer, met antropologie en geskiedenis as hoofvakke.
Loopbaan Cascio was tegnologiebestuurder by Global Business Network en Direkteur van Impakanalise vir die Sentrum vir Verantwoordelike Nanotegnologie. In 2009 is Cascio gelys as een van die top 100 globale denkers deur die Foreign Policy Magazine. Michio Kaku het hom " 'n toonaangewende futuris met 'n lang loopbaan van dink oor die buitelyne van môre", genoem". Hy het artikels geskryf vir verskeie publikasies oor 'n verskeidenheid onderwerpe, insluitende die toekoms van menslike evolusie, onderwys in die inligtingstydvak, en opkomende tegnologieë. Sedert 2016 was hy 'n Senior Venoot by die Instituut vir Etiek en Opkomende Tegnologieë,Jamais Cascio Bio Institute for Ethics and Emerging Technologies . Ieet.org. Retrieved November 29, 2011. 'n navorsingsvenoot by die Institute for the Future,Jamais Cascio: ITFT Distinguished Fellow Retrieved September 12, 2015 en 'n lid van die Ensia Advisory Council.Ensia Advisory Council Retrieved September 13, 2015. Cascio het in Mei 2017 'n Eredoktorsgraad ontvang ter erkenning van sy lewenswerk deur die Universiteit van Gevorderde Tegnologie.
Projekte
Transhuman Space In die tydperk 2003-4 het Cascio twee volumes agtergrondmateriaal gepubliseer wat gebruik kan word in Steve Jackson Games se rolspeletjie Transhuman Space, wat in 2100 afspeel.
Cascio se eerste volume, Broken Dreams, bied 'n politieke agtergrond wat op minderbevoorregtes konsentreer en hoe hulle op hul omstandighede kan reageer.
Die tweede volume, Toxic Memes, konsentreer op die stryd vir die publieke mening, en die kwessies wat voortspruit uit 'n hipotetiese nuwe wetenskap van memetika: die analise, ingenieurswese en manipulasie van idees.
Worldchanging In 2003 was Cascio mede-stigter van die aanlynwebwerf Worldchanging met Alex Steffen. Hy het artikels vanaf 2003 tot sy vertrek in 2006 bygedra. Sy onderwerpe sluit in energie, klimaatsverandering, globale ontwikkeling, oopbron, biotegnologie en nanotegnologie.
Kaasburger koolstofvoetspoor In 2006, toe die konsep van 'n koolstofvoetspoor 'n omgewings gesprekstema geword het, het Cascio besluit om 'n illustratiewe voorbeeld te gee deur gebruik te maak van 'n gewilde alledaagse item: die kaasburger. Met inagneming van alle faktore wat in die vervaardiging en aflewering van een kaasburger gegaan het, het Cascio bereken dat die ekwivalent van 3,6-6,1 kg koolstofdioksied gegenereer is. Om die resultaat op 'n ander manier te interpreteer, het Cascio beraam dat die jaarlikse uitlaat van kaasburger produksie en verspreiding in die Verenigde State vergelykbaar is met dié van alle sportnutsvoertuie wat destyds op Amerikaanse paaie bestuur is.
Die verslag het baie belangstelling gegenereer en is in 'n segment van die National Geographic-dokumentêr Six Degrees Could Change the World gebruik.
Superstruct In 2008 het Cascio saamgewerk met Jane McGonigal as scenario-ontwerper en administrateur vir Superstruct; 'n grootskaalse voorspellingswedstryd wat spelers genooi het om sosiale media te gebruik om te beskryf hoe hulle sou reageer op vyf hipotetiese maar waarskynlike bedreigings vir die mensdom teen die jaar 2019. Die voorlegging volg op die struktuur van die tienjaarvoorspellingsverslae wat deur die Institute of The Future gebruik word. Dit het in Oktober 2008 begin en 5000 spelers het oor 'n tydperk van ses weke deelgeneem.
Geo-ingenieurswese Cascio was sedert 2005 'n bydraer tot besprekings oor die etiek en praktiese aard van geo-ingenieurswese. In 2009 het hy 'n versameling van sy essays self gepubliseer onder die titel Hacking the Earth. Hierdie essays beklemtoon dat geo-ingenieurswesestrategieë nie die onderliggende oorsake van aardverwarming aanspreek nie, en dat die gevolge noukeurig opgeweeg sal moet word. Nietemin, Cascio beweer dat geo-ingenieurswese ernstig oorweeg word as 'n manier om die toename in globale temperatuur tot 'n minimum te beperk.
In September 2008 het Cascio saamgewerk met die Australiese Uitsaaikommissie as skrywer en konsultant om Bluebird AR, 'n interaktiewe multimedia drama te produseer wat die kykers aangemoedig het om deel te neem, en te dink oor geo-ingenieurswese kwessies. Die program is uitgesaai vanaf April tot Junie 2010. an interactive multimedia drama that encouraged viewers to participate, and think about issues in geoengineering. The show was broadcast from April–June 2010.
Maak Google ons dom? Is Google Making Us Stupid? was 'n 2008-artikel deur Nicholas Carr, wat later uitgebrei is in The Shallows. Carr het voorgestel dat die maklike toegang tot kennis wat deur die internet soekenjins verskaf word, mense se kognisievaardighede beïnvloed; hulle aanmoedig om inligting te "vluglees" ten koste van kritiese denke en gefokusde navorsing. Op grond van sy persoonlike ervarings het Carr selfs gewonder of die brein permanent geraak word.
Hy reageer in dieselfde publikasie 'n jaar later, en Cascio het aangevoer dat menslike kognisie altyd ontwikkel het om omgewingsuitdagings aan te spreek, en dat die uitdagings wat deur die internet gestel word, nie anders is nie. Die 'vluglees' waarna Carr verwys het, was 'n vorm van aandagstekort veroorsaak deur die onvolwassenheid van filteralgoritmes. Cascio het verder aangevoer dat die probleem sal afneem aangesien menslike behoeftes hul eie evolusionêre druk uitoefen om die algoritmes te verbeter.
Die twee artikels is gebruik om aktuele debat op verskeie plekke te bevorder. Pew Research het hulle gebruik om 'n spanningspaarvraelys te skep wat aan bekende akademici versprei is. Die meeste het in detail gereageer. 76% stem saam met die proposisie "Carr was verkeerd: Google maak ons nie dom nie". Tydens die bespreking van die onderwerp in The Googlisation of Everything, het Siva Vaidhyanathan geneig om Carr se posisie te steun. Hy het egter gedink dat beide argumente te veel op determinisme berus: Carr weens die idee dat 'n oor-afhanklikheid van internetgereedskap onafwendbaar die brein tot atrofie sal lei, en Cascio in die idee dat dit slimmer word, is die noodsaaklike uitkoms van die evolusionêre druk wat hy beskryf. John Naughton het opgemerk in From Gutenberg to Zuckerberg dat hy baie tevrede was dat Carr 'n belangrike onderwerp aangeroer het, maar dat sy gevolgtrekkings nie wyd ondersteun word nie.
Boeke
• Broken Dreams (Transhuman Space) (Steve Jackson Games, 2003).
• Toxic Memes (Transhuman Space) (Steve Jackson Games, 2004).
• Worldchanging: a User's Guide to the 21st Century (2006) (contributing author).
• Worldchanging: a User's Guide to the 21st Century (2006) (bydraende skrywer).
• Hacking the Earth: Understanding the Consequences of Geoengineering (self-gepubliseer, 2009)."Confronting the ‘futuristic’ branding of geoengineering". The People's Voice, December 6th, 2010, By Rady Ananda"20 Essential Books About the Next Step in Human Evolution" . Annalee Newitz 11/12/2012
Toekennings
• 2009 – Foreign Policy Magazine No. 72 onder hulle "Top 100 Global Thinkers" vir 2009.
• 2017 – Ere doktorsgraad van die University of Advancing Technology.
Nota Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Lewende mense