Yang Jiang (Chinees: 杨绛; Wade–Giles: Yang Chiang; 17 Julie 1911 – 25 Mei 2016) was 'n Chinese dramaturg, skrywer, en vertaler. Sy het verskeie suksesvolle komedies geskryf en was die eerste Chinese persoon wat 'n volledige Chinese weergawe van Miguel de Cervantes se roman Don Quijote vertaal het.A family besieged now beloved. China Daily, 17 November 2003. Opgespoor 5 Desember 2018.
duimnael|Yang Jiang in 1953
Biografie Sy is gebore in Beijing as Yang Jikang,Cary Huang and Oliver Chou (25 May 2016). Yang Jiang, bestselling author who wrote on the pain of living through persecution during Cultural Revolution, dies at 104. South China Morning Post. Besoek op 26 Mei 2016. en het groot geword in die Jiangnan omgewing. Nadat sy van Soochow Universiteit in 1932 gegradueer het, het Yang Jiang ingeskryf in die nagraadse skool van Tsinghua Universiteit waar sy haar man, Qian Zhongshu, ontmoet het. Gedurende 1935-1938 het hulle na Engeland gegaan om verder te studeer by Oxford Universiteit. Terwyl hulle oorsee was het Yang geboorte gegee aan hul dogter, Qian Yuan (錢瑗), in 1937. Hulle het later by die Pantheon-Sorbonn Universiteit in Parys, Frankryk, gaan studeer. Hulle het dikwels Frans en Engels met mekaar gepraat regdeur hul lewens in China.
Hulle het teruggekeer na China in 1938. Terwyl hulle in Shanghai gewoon het, het sy vier toneelstukke geskryf: twee komedies, Heart's Desire (1943) en Forging the Truth (1944), een klug, Sporting with the World (1947), en die tragedie Windswept Blossoms (1947). Na 1949 het sy onderrig gegee by die Tsinghua Universiteit en sy het 'n wetenskaplike studie van Westerse literatuur by Peking-universiteit en die Akademie van Wetenskappe voltooi. Yang het hierdie werk in 1979 gepubliseer in 'n versameling: Spring Mud. As outeurs, literêre navorsers, en vertalers, het Yang en Qian albei belangrike bydraes gelewer tot die ontwikkeling van die Chinese literêre kultuur.
Yang het ook drie hoof Europese werke van pikareske fiksie na Chinees vertaal: Lazarillo de Tormes (1951), Gil Blas (1956) en Don Quijote (1978). Haar Chinese vertaling van Don Quijote word vanaf 2016 steeds beskou as die definitiewe weergawe. Nadat sy verskeie Engelse en Franse vertalings as ongeskik beskou het, het sy haarself Spaans geleer. “As ek getrou aan die oorspronklike wou wees, moes ek direk uit die oorspronklike vertaal,” het sy in 2002 geskryf. Yang het amper sewe van die agt volumes van die vertaling voltooi toe die Rooi Garde-studente-militantes die manuskrip gekonfiskeer het van haar huis in Beijing. Sy is ook gedwing om handearbeid te verrig. “Ek het met elke greintjie energie gewerk wat ek kon bymekaarskraap, grou in die aarde met 'n graaf, maar die enigste resultaat was 'n eensame krap op die oppervlak,” het Yang geskryf. “Die jongmense om my het nogal daaroor gelag.”
Soos die Kulturele Rewolusie bedaar het, het Yang teruggekeer na Beijing om te werk aan Don Quijote. Die byna voltooide manuskrip wat deur die Rooi Garde gekonfiskeer is, was klaarblyklik ontdek tussen 'n hoop afvalpapier en dit is teruggegee aan Yang. Dit is in 1978 gepubliseer en dit word wyd beskou as die definitiewe vertaling van “Don Quijote” in Chinees.
duimnael|Yang Jiang en Qian Zhongshu 1934
Sy is ook in Oktober 1986 die Burgerlike Orde van Alfonso X, die Wyse daarvoor, toegeken deur koning Juan Carlos I. Haar suster Yang Bi () (1922–1968) was ook 'n vertaler.
Sy het haar ondervinding van "hervorming deur arbeid" in 'n Mei Sewende Kaderskool in Henan vanaf 1969 tot 1972, waartydens sy as deel van die "Na die Platteland Beweging" weggestuur is, tydens die Kulturele Rewolusie gebruik om Six Chapters from My Life 'Downunder''' (1981) te skryf. Dit is hierdie boek waarmee sy naamgemaak het as skrywer in die post-Mao era.Li-hua Ying, Historical Dictionary of Modern Chinese Literature, The Scarecrow Press, 2010, bl. 234. In verband met hierdie memoires, het sy ook Soon to Have Tea geskryf () (aka Toward Oblivion), wat gepubliseer is in 1983.
In 1988 het sy haar enigste roman, Baptism (), gepubliseer wat altyd verbind was met Fortress Besieged (), een van haar man se meesterstukke. Haar memoires van 2003, We Three (), herroep herinneringe van haar man en haar dogter, Qian Yuan, wat oorlede is aan kanker een jaar oor haar vader se dood in 1998. Teen die ouderdom van 96 het sy Reaching the Brink of Life () gepubliseer wat 'n filosofiese werk waarvan die titel in Chinees duidelik verwys na haar oorlede man se versameling opstelle, Marginalia to Life ().
Sy het honderd jaar oud geword in Julie 2011. Die novelle, After the Baptism (), 'n afsluiting tot haar roman Baptism'', is in 2014 gepubliseer. Op 25 Mei 2016 is Yang op die ouderdom van 104 in Beijing oorlede.
Haar man het Yang beskryf as "die mees kuise vrou en talentvolle meisie in China" wat in teenstrydigheid met 'n Chinese gesegde is dat dit onmoontlik is vir 'n vrou om 'n kuise vrou en begaafde geleerde of talentvolle kunstenaar te wees.
Verwysings
Kategorie:Chinese skrywers