Demi Lee Moore (7 Desember 1989, Worcester, Suid-Afrika), van Durbanville is ’n Suid-Afrikaanse sangeres en die wenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks Die Kontrak op die TV-kanaal VIA. Sy het ’n platekontrak by Coleske Artists losgeslaan en op 2018 se Afrikaans Is Groot-konserte opgetree as deel van haar prys.“Die Kontrak: En die wenner is . . ., Afrikaanse Musieknuus, 23 November 2018. Besoek op 25 November 2018.

Demi Lee se eerste liedjie by Coleske Artists, "Mis Eet Slaap Herhaal", is net voor die konsert uitgereik en was gou no. 1 op die Afrikaanse iTunes.Nico Strydom. Demi Lee: 'Al my drome is besig om waar te word', 24 November 2018. Maroela Media. Besoek op 25 November 2018

Lewe Demi Lee is op Worcester gebore, maar haar gesin het later na Durbanville getrek. Sy het op negejarige ouderdom begin sing en op 19 besluit om voltyds te sing.Demi Lee Moore op Facebook. About. Besoek op 25 November 2018 Sy het onder meer vir ’n paar maande by The Barnyard Theatre aangesluit en is in 2013 benoem vir ’n Ghoema vir beste popalbum vir Net ’n Mens.Ghoema 2013: Benoemings bekend. 4 Maart 2013, Sarie. Besoek op 25 November 2018 Sy het in 2014 aan Idols X deelgeneem, waar sy die sewende plek behaal het.SA Management, Demi Lee Moore. Besoek op 25 November 2018 Haar enkelsnit "Liefdes Wen Resep" is in 2015 uitgereik en het binne die eerste dag die no. 1-plek op die Afrikaanse iTunes behaal.Die Boer. Demi Lee Moore – Jy maak my beter, 4 Augustus 2015, zajazz. Besoek op 25 November 2018

In 2018 het Demi Lee aan Die Kontrak deelgeneem. Dit was ’n realiteitsangkompetisie waarop agt aspirantmusieksterre ná ’n landwye aanlynveldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is. Hulle is deur mentors gebrei vir die uitklopkonserte wat hulle week na week moes aandurf. Demi Lee en Ivan Roux was die laaste twee deelnemers wat oorgebly het en Demi Lee het eindelik gewen. Haar mentor was Monique Steyn.Die Kontrak: Hier is die top-8 deelnemers!, Afrikaanse Musieknuus, 26 September 2018. Besoek op 6 November 2018.

Demi Lee se album Mis Eet Slaap Herhaal is op 30 November 2018 uitgereik. Dit bevat die volgende snitte: Mis Eet Slaap Herhaal Vulkaan Lelie Spore Lei My na die Water Sproetjies Ek Is Hier Diane (saam met Monique Steyn) My Alles Gooi Jou Arms om My Somebody to Love

Diskografie Albums Net ’n Mens (2014) Mis Eet Slaap Herhaal (2018) Country (2019) Jy Ken My Naam (2021)

Liedjies Liefdes Wen Resep (2015) Jy Maak My Beter (2016) Amanda (2018, saam met Steve Hofmeyr) There was Jesus (2020, saam met Riaan Benadé)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1989