Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Mantsjoes.
Mantsjoe (17px, manju gisun) is 'n Toengoesiese taal wat eens deur die Mantsjoes in Mantsjoerye van die Volksrepubliek China gepraat is. Dit is tans amper uitgestorwe. Carsten Näher: A Note on Vowel Harmony in Manchu. bl. 134. In: Proceedings of the First International Conference on Manchu-Tungus Studies, Bonn, 28 Augustus–1 September 2000. Otto Harrassowitz, 2004 “Manchu is extinct today” S. Robert Ramsey: The Languages of China. Princeton University Press, 1987, bl. 216. “The Manchu language is all but extinct” Merrit Ruhlen: A Guide to the World's Languages. Volume I, Classification. Stanford University Press, 1991, bl. 128. “[T]he Manchu language is either extinct or on the verge of extinction”
duimnael|links|Gedenkplaat in die Verbode Stad in Beijing, Volksrepubliek China, in beide Chinees (links, qián qīng mén) en Mantsjoe (regs, kiyan cing men) Mantsjoe was een van die amptelike tale van die Qing-dinastie (1644–1912), ook bekend as Mantsjoe-dinastie, in China. Die meeste Mantsjoes praat intussen Mandaryns. Carsten Näher: A Note on Vowel Harmony in Manchu. bl. 134. In: Proceedings of the First International Conference on Manchu-Tungus Studies, Bonn, 28 Augustus–1 September 2000. Otto Harrassowitz, 2004 S. Robert Ramsey: The Languages of China. Princeton University Press, 1987, bl. 216 Merrit Ruhlen: A Guide to the World's Languages. Volume I, Classification. Stanford University Press, 1991, bl. 128. Volgens data van Unesco word Mantsjoe tans deur 10 Mantsjoes as moedertaal gebesig, uit 'n totaal van byna 10 miljoen etniese Mantsjoes. Onlangs het egter baie Mantsjoes begin om die taal aan te leer. Nou kan 'n paar duisend Mantsjoe dit as 'n tweede taal besig te danke aan regeringsonderwys of gratisklasse vir volwassenes in klaskamers of aanlyn. China News (originally Beijing Morning Post): Manchu Classes in Remin University (Simplified Chinese) Phoenix Television: Jinbiao's 10-year Manchu Dreams
Mantsjoe geniet hoë historiese waarde vir historici van China, veral weens die Qing-dinastie. Mantsjoe-tekste verskaf inligting wat nie in Chinees beskikbaar is nie, en wanneer beide Mantsjoe en Chinese weergawes van 'n gegewe teks bestaan, verskaf dit sekerheid om die Chinese eweknie te kan verstaan. Amptelike dokumente is tydens die Qing-dinastie in beide Chinees en Mantsjoe geskryf, en baie geboue uit die Qing-dinastie vertoon Mantsjoe-inskripsies.
Mantsjoe word as 'n dogtertaal van Jurgies beskou en word met die Mantsjoe-alfabet, 'n gewysigde Mongoolse skrif, geskryf. Dit toon in teenstelling met al die ander Toengoesiese tale 'n hoë persentasie van Koreaanse leenwoorde wat op 'n invloed van Koreaans op Jurgies en die vroeë Mantsjoes dui. Mantsjoe is nou verwant aan Xibe van Xinjiang en albei tale is onderling verstaanbaar.
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Tale van China Kategorie:Toengoesiese tale