Ian Ashley Murdock (gebore 28 April 1973 - 28 Desember 2015) was 'n Amerikaanse sagtewareontwikkelaar wat die Debian projek begin het.
Vroeë lewe en loopbaan Murdock is in Konstanz, Wes-Duitsland gebore terwyl sy pa sy nagraadse navorsing voltooi het.
Terwyl hy op universiteit was het Murdock die Debian projek begin op 16 Augustus 1993, en die eerste stabiele weergawe op 17 Junie 1996 vrygestel. Hy het Debian na hom en sy vriendin Debra vernoem. Hulle is later getroud, het drie kinders gehad en is in Januarie 2008 geskei.
Dood Murdock is op 28 Desember 2015 in San Francisco oorlede.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Sterftes in 2015